Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 55

R UB R IE K ••• ondersteun. Verder is die persepsie dat die witmielie-oes die seisoen nog laer as 4,649 miljoen ton kan wees wat die NOK in sy 5de somer oesskatting aandui. Dit ondersteun die prys verder. Die Safex prys van witmielies het die einde van Mei 2015 begin styg omdat die verwagte lae oordrag voorraad vroeg bekend was. Normaal begin die witmielieprys eers teen die begin van November sterk styg. Die ope vraag is, hoeveel gaan die witmielie-oes laer op die einde van die dag wees, waar en teen watter prys sal ons witmielies kan invoer? Soos vermeld kan ‘n kleiner witmielie-oes die prys verder ondersteun. Sonneblom Sonneblom produksie is nie met die 5de oesskatting van die NOK verhoog nie. Daar sal waarskynlik so 70,000 ton sonneblom ingevoer moet word om aan die plaaslike vraag te voldoen. Die meeste internasionale fundamentele faktore wat sonneblom aanbetref is positief. Die sonneblom prys het vanjaar redelik gestyg nadat die oesproses amper afgehandel is. Die swak Rand het ‘n positiewe invloed op die prys gehad. Sojabone Met die 5de somer oesskatting het die NOK die sojaboonoes met 65,250 ton hoër aangepas. Dit gaan die berekende potensiële invoere aansienlik verlaag. Dit kan weer aan die ander kant druk op die sojaboonprys plaas, hoewel daar bereken word dat ons tog ‘n klein hoeveelheid sal moet invoer. Opsomming en gevolgtrekking: Die meeste kommoditeite het die afgelope tyd sterk prysondersteuning beleef. Die swakker Rand, laer oordrag voorrade as gevolg van die droogte en die styging in die Amerikaanse kommoditeitpryse die hoofredes. SENWES Scenario • Augustus/September 2015 53