Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 54

••• RUBR I E K GRAANMARKVOORUITSIGTE: WAT DRYF TANS DIE GRAAN- EN OLIESADEMARK? THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK MIELIES INTERNASIONAAL Onderstaande diagram dui die groot wêreld mielieproduseerders aan. Die VSA en China is die grootste met Brasilië wat ook ‘n bydrae maak. Japan is weer die grootste invoerder van mielies ter wêreld. Suid-Afrika en Frankryk produseer onderskeidelik net 1% van die wêreldproduksie. Die produksie toestande in die belangrikste produserende lande het ‘n wesenlike effek op die internasionale prys. Die Noordelike Halfrond se aanplantings is basies afgehandel en almal wag om te sien wat gebeur. Die Amerikaners het goed geplant, maar dit het baie gereën, selfs oormatig op plekke. Die finale aanplantings is op 30 Junie bekend gemaak en die Amerikaners het ongeveer 400,000 akker minder aangeplant as voorgeneem. Die kleiner aanplanting en 52 oornat toestande ondersteun die internasionale prys. Die VSA mielieprysbeweging Die drastiese daling van die kontant geelmielieprys op CBOT aangevuur deur die goeie planttoestande en gunstige grondvog situasie is gestuit deur kleiner oppervlakte aangeplant en oornat toestande oor dele van die midWeste. Oornat toestande oor dele van die somersaaigebiede soos die VSA het gewoonlik n YB