Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 51

A G R IW E N K E • • • • middels om te bepaal of die plant oor voldoende vog beskik. INSTANDHOUDING VAN AANGEPLANTE WEIDING Meerjarige someraangeplante weiding moet nou skoongesny en losgemaak word. Aangeplante weiding se drakrag word tot ‘n groot mate bepaal deur die behandeling wat dit ontvang. Die bemesting kan ook nou met die losmaakaksie ingewerk word. SKAPE Herfslamseisoen (Voorbereiding van teelramme, 60 dae voor paring) • Ramme - toets vir geslagsgeskiktheid • Doseer vir ronde- en neuswurm • Doen noodsaaklike entings • Skeer en hoefversorging • Byvoeding vir testesgroei en spermproduksie • Kry ramme fiks • Spuit spoorelemente en vitamine • Maak koggelramme Lentelamseisoen (voorbereiding van laatdragtige ooie, 6 weke voor lam) • Ent ooie teen Klostridiale siektes, Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium vir • • maksimum teenliggame in biesmelk Ontwurm ooie Spuit spoorelemente en vitamines Eksterne parasietbeheer (brommers, bosluise, vlieë, muggies) Byvoeding van deurvloeiproteïen om uierontwikkeling te stimuleer en biesproduksie te verhoog Doen ongediertebeheer Weeg BEESTE (Lente kalfseisoen en voorbereiding vir die dekseisoen) • Spuit vir lam- en sponssiekte • Spuit vir miltsiekte • Spuit vir knoppiesvelsiekte • Gee vitamiene-aanvulling • Doen dragtigheidsondersoeke en speen van kalwers (herfs kalfseisoen) Diere behoort nou van oesreste af te kom, indien dit nie alreeds gebeur het nie. Die proteïenvlakke in veldweidings behoort nog laag te wees. Hou steeds aan met proteïengebaseerde lekke en rantsoene. Koop die nodige insetmiddels aan indien aangeplante weidings gevestig gaan word na die eerste lentereën of indien ingesaai gaan word om bestaande weidings te versterk. LANDBOUBESTUUR Soos wat die huidige produksieseisoen afsluit, is dit belangrik om ook die werklike teenoor begrote insetkoste met mekaar te vergelyk. Dis een ding om te dink jy weet wat spandeer is aan kunsmis, saad, gif ensovoorts, ••• en ‘n ander storie om te weet wat jy werklik spandeer het. Dit is wat produsente van mekaar skei; die een dink hy weet en die ander een weet hy weet. Die waarde van sodanige vergelyking lê daarin dat effektiwiteit en winsgewend op vertakkingsvlak gemeet en geëvalueer word en dit jou in staat stel om meer akkurate beplanning te doen vir die volgende seisoen. ‘n Paar jaar se historiese produksiesyfers stel enige produsent in staat om meer ingeligte besluite te neem. Indien die nodige inligting verskaf word, kan Senwes Landboudienste (LBD) die produsent bystaan om die nodige vergelykings, grafieke en ontledings op te stel vir bestuursdoeleindes. Hierdie ontledings kan vir ‘n individuele produsent, sowel as vir ‘n studiegroep gedoen word en dus kan die lede (op ‘n anonieme basis) hulself met mekaar vergelyk. Produsente vind hierdie vergelykings altyd baie leersaam en heg groot waarde daaraan. Kontak gerus Landboudienste vir enige van die volgende dienste: Meganisasiebeplannings, grondvogbepalings, grondpotensiaalbepalings, grond-chemiese ontledings met toepaslike aanbevelings, lewendehawe-, veld- en aangeplante weidingsbeplanning sowel as enige landbouekonomiese studies en vergelykings. Kontaknommer: 018 464 7394 of e-pos: [email protected] SENWES Scenario • Augustus/September 2015 49