Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 4
•••
REDA K TE U R SBR I EF
HOOFREDAKTEUR
Marlon Abrahams
Tel: 018 464 7349
[email protected]
D
ie een ding
waarvan jy
absoluut seker kan
wees in die landbousektor is dat jy
glad nie seker van
enigiets kan wees
nie. Landbou is so onvoorspelbaar
soos die weer, waarvan landbou baie
afhanklik is.
Dit is dan ook geen verrassing
dat Senwes se finansiële resultate vir die jaar geëindig 30 April
2015, deur twee uiteenlopende en
kontrasterende landbousiklusse
gekenmerk is. Lees meer hieroor op
bladsy 4.
Ons plaaslike Graananalis, Senwes Grainlink se Thys Grobbelaar,
kyk na die plaaslike en internasionale tendense in die graanmarkte vir
die onmiddellike toekoms. Die twee
grootste wêreldproduserende lande
is die VSA en China, met Brasilië
wat ook ‘n beduidende bydrae lewer. Japan, aan die ander kant van
die skaal, is op sy beurt weer die
grootste invoerder van graan ter
wêreld. Lees meer oor hoe almal
se rolle Thys se markvoorspellings
affekteer.
Met al die onvoorspelbare toestande wat toenemend druk op
die produsent plaas om alle kanale
optimaal te benut, sit Senwes ook
skouer aan die wiel deur al ons bystandskanale maksimaal te benut.
In die vorige uitgawe het ons die
fokus op Martin van Zyl laat val,
wat aan die hoof staan van ‘n afdeling wat gerat is om vernuwende en
geïntegreerde oplossings te vind. In
hierdie uitgawe fokus ons op Pieter
Swart, die nuwe hoof van Senwes
Credit, wat die leisels by die afgetre-
2
de Gerrit van Zyl oorgeneem het.
Lees meer oor die voordele van ‘n
vennootskap met Senwes Credit op
bladsy 12.
In hierdie uitgawe stel ons
Tradebot aan u bekend - ‘n klein en
vernuwende skepping om die verhouding tussen kliënt en makelaar
te verbeter. Lees meer hieroor op
bladsy 36.
Het jy al ooit van “brown bagging” gehoor? Wel as jy al het, weet
jy beslis iets van saad of die saadbedryf. Indien nie, dan is die artikel
oor Senwes se Saadafdeling net vir
jou bedoel. Leer meer oor hoe hulle
as top saadverwerker gemoedsrus
tydens die plantseisoen verskaf.
In hierdie uitgawe begin ons ook
met ons streeksprofiele, in gebiede
waar Senwes aktief is. Ons fokus op
die dorp, die plaaslike ekonomie en
die kultuur en bowenal op een van
die plaaslike produsente in die betrokke omgewing. In die heel eerste
insetsel fokus ons op die Hartswater
area en “Doelgerigte Dewald Dempers” is die boer waarop ons die
kollig laat val. Hy deel sy insigte en
liefde vir boerdery met ons.
Gun my dan ook die geleentheid om vir Aubrey Kruger, ons
nuutaangestelde joernalis, voor te
stel, wat grotendeels vir die artikels
en voorbereiding van toekomstige
Scenario uitgawes verantwoordelik
sal wees. Aubrey is ‘n kranige atleet
en gesoute joernalis wat by ons span
aangesluit het na ‘n periode van drie
jaar by die Klerksdorp Rekord, waar
hy op verskeie joernalistieke areas
gefokus het.
Marlon Abrahamss
Augustus/September 2015 • SENWES Scenario
ADVERTENSIES
Mariette Hugo
Tel: 018 464 7505
[email protected]
ONTWERP EN UITLE ()5