Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 38

••• HA N D E L SN UUS S enwes Grainlink se Opsie- en Makelaarsdienste stel graag ‘n nuwe verslag bekend. TRADEBOT - ‘n unieke stelsel wat op ‘n outomatiese basis – gegewe verskeie wiskundige berekeninge en voorwaardes – daaglikse koopen verkoopseine genereer vir ‘n wye reeks kommoditeite vir alle hoof- verskansingsmaande. Die verslag word binnekort vir die eerste keer aan die algemene mark bekendgemaak. Alhoewel daar soortgelyke verslae beskikbaar is, is TRADEBOT tans enig in sy soort. Die doel van die verslag is om ‘n leemte in die mark te vul rakende ‘n sisteem wat emosie opsyskuif en slegs beproefde metodes aanwend om meer akkurate verhandelingsaksies te genereer en dus die kliënt in staat te stel om die besluitnemingsproses rakende spekulasie en verskansing te optimaliseer. Deur gebruik te maak van die model op ‘n historiese basis, kon 80% van alle besluite winsgewend geïmplementeer word oor ‘n periode van 10 jaar. Die huidige seine, sowel as alle vorige resultate, sal op ‘n daaglikse basis op die verslag beskikbaar wees, wat Senwes se vertroue in TRADEBOT beklemtoon. Indien u belangstel om in te teken op die verslag, kan die volgende skakel gevolg word: https://www.senwes.co.za/mysenwes/af-ZA/ MarketHub/Subscriptions. Wees ook op die uitkyk vir die groot verskeidenheid verslae wat tans beskikbaar is, naamlik die Daaglikse Markverslag, Tegniese Verslag, Leweringsverslag en In- en Uitvoerverslag. Sluit aan by die bestaande 3 720 intekenaars wat reeds Senwes verslae ontvang en wees voorbereid op die dag van môre. Vir enige verdere navrae, kontak gerus enige van die Opsie- en Makelaarsdienste se professionele en kundige makelaars by 018 464 7722, of per e-pos by [email protected]. 36 SENWES Scenario