Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 28

••• RUBR I E K JACO KRUGER K lante vra my altyd watter teleskoop moet hulle gebruik. Kom ons oorweeg ‘n bietjie hierdie vraag. Die eerste vraag wat ek gewoonlik vra, is waar gaan hulle jag - bosveld of vlaktes of albei? Dan, ongelukkig is die volgende vraag wat hulle begroting is. Onthou egter, hoe beter jy kan sien, hoe beter gaan jy skiet. 26 WAT BETEKEN AL DIE VERSKILLENDE VERGROTINGS 3-9 x 40 – Dit beteken dat die teleskoop die dier 3 keer tot 9 keer nader sal bring en die deursnee van die teleskoop voor is 40 mm. 4-16 x 50 - Die teleskoop kan die dier 4 keer tot 16 keer nader bring en die deursnee van die teleskoop voor is 50 mm. Die rede waarom ek aan die begin gevra het waar die klant gaan jag, sal ons nou kan sien. In die geval van bosveldjag, sal ons selde verder as 120 m skiet. ‘n Groot vergroting is nie nodig nie want die diere is relatief naby. Op die Vrystaatse vlaktes staan DEEL 4 die springbok miskien 220 m ver. In die geval van ‘n klein vergroting maak die kruishaar die hele bok toe en is dit dus onmoontlik om ‘n goeie skoot te kry. Nog ‘n belangrike kwessie is die kaliber waarmee jy gaan skiet. Met groot kalibers, byvoorbeeld 375 en hoër, skiet mens gewoonlik nie 300 m nie. Kleiner vergrotings is dus meer van pas. Die terugslag (recoil) moet ook in ag geneem word. Kom ons kyk na 6$$00(7 NASIE IN GESPREK 6(37(0%(5ȏȏ1$0323$5. Koste: R80 per persoon (spitbraai ingesluit) (Fondse ten bate van Jongboerkomitees van Agri NW en Vrystaat Landbou) 12de jaar