Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 22

••• RUBR I E K DAAN HUGO MEESTE HET REEDS ‘N TESTAMENT OPGESTEL MET DIE RES WAT UITSTEL EN DIT NOOIT GEDOEN KRY NIE. CERTISURE BROKERS HOOP DAT DIÉ REEKS ARTIKELS MEER DUIDELIKHEID BIED OOR WAT ‘N TESTAMENT, BOEDEL, BOEDELBELASTING EN KAPITAALWINSBELASTING IS. DIE EERSTE FOKUS VAL OP TESTAMENTE. WAT IS ‘N TESTAMENT? ‘n Testament is ‘n lys van jou wense betreffende jou boedel in ‘n ondubbelsinnige formaat. So kan jy reël hoe jou bates verdeel word. Hier is ‘n finansiële adviseur nie so onbekostigbaar as wat gereken word nie en kan onvoorsiene uitgawes uitgewys word en voorstelle gemaak word rakende boedelbelasting. WIE KAN ‘N TESTAMENT OPSTEL? Enige persoon van 18 jaar en ouer kan ‘n testament opstel. Diegene onder 18 kan met goedkeuring en aftekening van wettige voogde een opstel. Sou enigiemand beweer dat die testateur of testatrise (die eienaar van die testament) onbevoeg of verstandelik nie in staat was om die testament op te stel nie, rus die onus op daardie persoon om die testateur of testatrise onbevoeg te bewys. Omstandighede waaronder ‘n testament teëgestaan kan word is onder andere kranksinnigheid, vervalsing, dwang of bedrog. Die testament moet deur die testateur of testatrise onderteken word en elke bladsy moet geteken word. Dié handtekening moet deur twee meerderjarige getuies bevestig word. 20 Enige wysiging na ondertekening moet uitgevoer word met al die formele vereistes soos wat vir ‘n oorspronklike testament voorgeskryf word. WATTER ELEMENTE HOORT IN ‘N TESTAMENT? Individue se persoonlike omstandighede verskil en dit is moeilik om voor te skryf wat alles in ‘n testament moet wees. Die volgende is egter nodig: 1. Eksekuteur: ‘n Benoemde persoon tree op as eksekuteur van die boedel in die testament. Indien dié persoon tot sterwe kom of die taak van die hand wys sal die Meester van die Hooggeregshof ‘n ander eksekuteur aanwys. ‘n Eksekuteur kollekteer die oorledene se bates, delg skuld en verdeel die restant, dit wat oorbly, soos per die testament of intestate erf reëls. 2. Legate: Persone of instansies wat vir nalating benoem word. NOG SAKE BETREFFENDE TESTAMENTE: Herroeping van ’n testament ‘n Testament kan enige tyd herroep word deur ‘n nuwe testament en te noem dat alle vorige Augustus/September 2015 • SENWES Scenario testamente opgehef word en die nuwe testament met ondertekening te dateer. Sterf sonder ‘n testament Wanneer ‘n individu sonder ‘n testament sterf, sterf hulle intestaat. Hierdie boedel word dienooreenkomstig die reëls van intestate erfopvolging verdeel. Die Meester van die Hooggeregshof stel die eksekuteur vir die bereddering van ‘n intestate boedel aan. Hou in gedagte Die getuies tot die testament mag nie genomineer word as eksekuteur nie en mag nie voordeel uit die testament trek nie. Diegene wat as onbevoeg gesien kan word, is persone wat die testateur of testatrise byvoorbeeld vermoor of deur bedrog of dwang die testament laat verander. Sou ‘n individu te siek wees vir die ondertekening, kan ‘n ander persoon genader word om namens hulle te teken. Die derde party moet in die teenwoordigheid van die testateur of testatrise en getuies op die versoek van die testateur teken. Daar sal ‘n beëdigde dokument by die testament aangebring moet word vanaf ‘n geregsdienaar dat die testateur of testatrise die derde party geïdentifiseer het en hulle die testament weens omstandighede onderteken. TER AFSLUITING Die opstel van ‘n testament kan eenvoudig wees, maar ‘n kenner of adviseur kan as leiding gebruik word. CertiSure Brokers het toegang tot die beste kundiges en sal u hier bystaan.