Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 15

N UUS Wat doen jy by CertiSure? Ek is ‘n korttermynmakelaar wat die Goudveld en omliggende areas bedien. Wat was jou planne na skool en hoe het jy hul uitgevoer? Ek het na skool haarkappery gaan studeer. Na voltooiing van my studies, het ek besluit om bietjie die buiteland te gaan verken. Ek het toe as ontvangsdame vyf jaar in Suid-Amerika spandeer. Daarna is ek terug na my tuisdorp, Theunissen, waar ek ‘n geleentheid in die versekeringsbedryf by CertiSure gekry het. Hoe het jou loopbaan gevorder? Waar het jy studeer en grootgeword? Ek het as ‘n assisstent in 2009 vir ‘n makelaar by CertiSure begin werk en my versekeringstudies deur Unisa gedoen. In 2012 is ek toe bevorder tot makelaar op Theunissen, waar ek grootgeword het. Planter Monitor ‡ Seed per 100m per row, seed population ‡ Hectares worked and much more ‡ Easy to install and maintain ‡ Fertiliser and turning of axles ‡ Can be applied to most planters ‡ Real tough, rust and water resistant Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Ek hoop om Theunissen-tak verder uit te brei en deur ons dienste en produkte baie meer kliënte te werf. Wat is die beste raad wat jy vir jou kliënte kan gee? Vergelyk appels met appels. Sorg dat wanneer jy van versekeraar verander, jy weet wat die ander maatskappy jou bied. Let veral op die verskille in bybetalings, voorwaardes, uitsluitsels, ens. Maak seker dat die dag wanneer jy ‘n eis het, nie die eerste dag is wat jy besef dat jou premie by jou nuwe versekeraar dalk goedkoper is, maar dat jy nou ‘n baie groter bybetaling het of dalk glad nie dekking vir ‘n spesifieke voorval het nie. ••• my man. Ek is ook baie lief vir kosmaak, ek Google enigiets en alles! Getroud, kinders, name en ouderdom? Ja, ek is getroud met GB Jordaan, ‘n passer by Senwes, en ons het nog net een seuntjie van 5 jaar, Christiaan Jordaan. Daar is niks lekkerder as om na ‘n lang dag by die kantoor, in daardie