Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 14
•••
NUUS
REDAKSIE
P
ieter Swart is die nuwe
Uitvoerende Bestuurder by
Senwes Credit. Pieter het reeds
baie ervaring opgedoen en is
reeds die afgelope twee-en-’n-half
jaar by Senwes Credit werksaam.
Voorheen was hy vir 28 jaar in
die korporatiewe bankwese werksaam en gedurende hierdie tydperk het hy ook verskeie inisiatiewe geïmplementeer. Behalwe
vir bestuurservaring bring Pieter
ook baie finansieringservaring na
Senwes Credit.
DOEL OM BESIGHEID
UIT TE BREI
Volgens Pieter bestaan Senwes
Credit uit twee afdelings, naamlik finansiering van graanprodusente en kopers
en landboudienste. “Aangesien finansiering ‘n integrale deel van
die Senwes
Groep se besigheid is, is dit my
verantwoordelikheid om hierdie
besigheid effektief uit te brei en
om ons markaandeel te beskerm.”
Om dit te kan bereik, is dit
van strategiese belang dat daar
gesonde verhoudinge met alle
kliënte gehandhaaf word.
Pieter het bygevoeg dat aan die
landboudienstekant hulle besig is
om die afdeling te herposisioneer
ten einde meer waarde aan alle
belanghebbendes toe te voeg.
Hierdie afdeling beskik oor ‘n
hele paar landbouspesialiste wat
kundigheid bied soos byvoorbeeld agronomie, grondkunde, veekunde en landbouekonomie.
Senwes Credit verskaf nie net
finansiering aan hulle kliënte nie,
maar probeer ook om ‘n strategiese vennoot te word sodat die
kliënt se uitdagings beter verstaan
kan word en waarde tot sy besigheid voeg. Daar word daarna
gestreef om aan al die kliënt se
finansieringsbehoeftes te voldoen
ten einde optimale opbrengs
vir die kliënt te verseker. Dit
stel hulle dan in staat om tydige
oplossings vir die kliënt te bied en
saam met hom te groei.
ASPEKTE WAAROP TANS
GEFOKUS MOET WORD
Volgens Pieter is daar tans ‘n paar
belangrike aspekte rakende landbou wat aandag geniet. Landbou
12
Augustus/September 2015 • SENWES Scenario
is altyd in die politieke spervuur
en grondhervorming is ‘n kwessie
wat baie onsekerheid laat. Ander
aspekte wat ook ‘n invloed het, is
die droogtetoestande wat druk op
die kliënt se balansstaat en kontantvloei plaas soos wetgewende
vereistes, verhoogde insetkoste
en die koste van meganisasie. As
gevolg van hul goeie verhoudinge
werk hulle nou met hulle kliënte
saam om hierdie uitdagings die
hoof te bied.
Dit is juis die impak van die
droogte wat deur die hele industrie gevoel word. Vir Senwes
Credit gaan dit ‘n uitdaging wees
om ‘n oplossing te verskaf aan
kliënte wie se rekeninge reeds
gedeeltelik agterstallig is. Deur
die verhoudinge nog sterker te
maak en die effektiewe aanwending van Senwes Credit se personeel, vind ons tydige oplossings
vir ons kliënte. Dit is vir Senwes
Credit belangrik om proaktiewe
oplossings vir kliënte te bied, om
sodoende gemoedsrus te verskaf
en die kliënt in staat te stel om op
sy besigheid te fokus.
Kontantvloei en ‘n gesonde
balansstaat is ook krities belangrik
in tye soos hierdie. Dit beteken
dat produsente moet let op hulle
koste en hul prysstrategie. Dit
is belangrik dat produsente hul
vennote in die besigheid nougeset
moet kies en ten alle koste moet
behou.