Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 62

•• •• ••• DRUPP D DR R UP U PEP PE EL LS O IP D I E DA K VROU DE IL NS AM KA DS JACKIE VAN ZYL ’N DOR EN DROË LAND VIR MEESTE VAN ONS WAS HIERDIE JAAR MAAR ‘N MOEI LIKE, DROË JAAR. WANNEER ONS EGTER OOR DIE DROOGTE KLA, IS DAAR NIEMAND WAT DROOGTE BETER KEN AS JESUS NIE, WAT SELF DIE WOESTYN VAN OU ISRAEL GEKEN HET. I n Israel was daar dele wat nat was, maar daar was ook dele wat baie droog was, veral as ons dink aan die Sinai woestyn en selfs Jerusalem, en ook in Judea was fonteine baie skaars. Israel se wintermaande was koud en nat, terwyl die somer baie warm en droog was, en dan kon ‘n tekort aan water ‘n groot probleem wees. Met die konteks van Israel as droë land in gedagte, maak dit vir ons baie meer sin waarom die Bybel 57 keer die woord “dors” gebruik. Mense moes in die natter wintermaande water opvang en berg vir die droë somermaande. Psalm 63:1-2 “‘n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Juda woestyn. Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n land sonder water.” Dawid het “dors” geken in Israel en in die Juda woestyn, en om dan te sê hy dors na God is ‘n intense soeke en verlange, soos wat ‘n mens smag na water op ‘n warm en droë dag. En dan maak dit vir ons nog meer sin wanneer Jesus in Johannes 4:10 en 11 sê dat Hy die lewende water is. In ‘n dor en droë land is Jesus die enigste Een wat werklike, ewige verligting kan gee. Mag dit vir elkeen van ons ook waar wees en mag ons kan sê ons dors, smag, soek en verlang na God vir Sy lewende water! 60 Augustus/September 2015 • SENWES Scenario