Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 32

••• A REA F OK U S DIT IS NIE NET DIE HANDGEBOUDE KANAAL WAT LEWENSBELANGRIKE WATER NA DIE GEMEENSKAP VAN HARTSWATER VERVOER NIE, MAAR VAN NADERBY IS DIT OOK DIE UNIEKE HARTKLOP VAN HARTSWATER WAT ‘N VERSKEIDENHEID GELEENTHEDE NA DIE GEBIED LEI. AUBREY KRUGER S oos jy die Vaalharts gebied binnery, word jy hartlik gegroet met die asemrowende mooi gesig van populierlanings aan die linkerkant van die pad vanaf Warrenton se kant. Die lanings was eens op ‘n tyd die langste aaneenlopende populierlaning in die Suidelike halfrond, vertel plaaslikes my, voordat uitdunnings hier en daar asook ‘n paar brande voorgekom het. Maar dit bly maar nog steeds ‘n mooi gesig. Met spilpunte en dié se sirkels orals te sien word die prentjiemooi omgewing afgerond met hordes pekanneutbome. Met elkeen se stam wit geverf om koel te bly, lyk dit kompleet of elke boom geklee is met sy eie wit broekspyp. En met al dié gewasse moet die water van êrens kom. HARTSWATER GESKIEDENIS Die Hartswater gebied se ontstaan is vanweë die feit dat die Hartsriviervallei tot soveel as 55 meter laer is as die bedding van die Vaalrivier. En met die rif wat die Vaalrivier en die vallei skei, wat slegs 8 meter bo die Vaalrivier se bedding 30 is, was die kanaal verseker ‘n moontlikheid. Reeds in die 1870’s in Cecil John Rhodes se tyd, is die laer bedding bespreek en in 1881/1882 is daar deur die Kaapse parlement met opmetings begin. ‘n Gebrek aan fondse het die projek op die langebaan geskuif, maar met die 1933 droogte het die projek rigting gekry met die eerste produsente wat in 1938 in dié landboubesproeiingsgebied gevestig is. HARTSWATER SE MENSE VEG VIR SEGGENSKAP Die Hartswater produsente het op 15 Junie 2011 die Belastingbetalersvereniging gestig na die gemeenskap heeltemal uitgesluit gevoel het. Hulle het geen seggenskap en insae by die munisipaliteit gehad nie en het die organisasie gestig om na hulle belange om te sien. Hul grootste suksesverhaal is dat hulle sedert die ontstaan dossiere gehou het van wanbestuur en kriminele klagtes wat aan die premier Sylvia Lucas en Augustus/September 2015 • SENWES Scenario HIERDIE KILOMETERMERKERS IS AL LANGS DIE WATERKANAAL TE SIEN. die Valke oorhandig is. Dit het elektriese tariefheffings ingesluit wat nie goedgekeur is nie. Daar is ook baie besware rakende die eiendomswaardasierol ontvang. Daar is in geslaag om ‘n platform te skep met ‘n nuwe munisipale bestuur waarmee hulle die toekoms saam kon ingaan. Met ‘n ledetal van ongeveer 500 poog hulle om oral betrokke te raak en ook om meer vrouens as lede te lok. VAALHARTS PRODUSENTE Die Vaalharts produsente bestaan vandag uit ‘n groep van nagenoeg 500. Daar word gepoog om alle gemeenskappe te laat saamwerk en ongeregtigheid word nie geduld nie en hulle gaan uit hul pad om saam te werk, asook hulp te verleen, vertel Stan Rudman, wat betrokke is by die belastingbetalersvereniging.