Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 12

••• KO L L I G alles gelyk. “Sien, al die gars is dieselfde hoogte. Almal is in Sub A, nie een in sub B en die ander in matriek nie”, soos hy grappenderwys na die groei in menslike terme verwys. Op die vloedgrond, oftewel uitvalle, is pekanneute sy gekose diversifikasie. Hier hou hy ook sy lyf entrepreneur deur innoverend hoë beddings en walle om sy pekanneut- bome te stoot, dit dan nat te lei en dan met ‘n laag strooi te bedek om die water so effektief moontlik te gebruik. “En dit hou die boom ook koel en dit is wat hulle soek”, verduidelik Dewald terwyl hy met die groot John Deere 8345 trekker ploeg wat hy tans uittoets. FAMILIE As derde-generasieboer na oupa Piet Dempers, wat in 1961 hier begin boer het, en sy pa Hansie, is Dewald dankbaar vir die geleentheid wat sy familie daar vir hom gegee het om te boer en pak die geleentheid met albei hande aan. En soos in menige huwelike doen sy vrou Adéle die boeke van die plaas om presies die stand van sake van die plaas aan Dewald te rapporteer. Hy het sy hart se punt ook juis hier in Hartswater gevind in Adéle, dogter van Fanie Boshoff. Hul kinders, Lienke-Ann (3) en Dehan (18 maande) is altyd in die omtrek en hou dinge fyn dop om as die toekomstige vierdegenerasieboere hulle uitstekend van hul taak te kwyt. Dewald erken dat hy poog om besig te bly en daarna streef om die beste te wees. Hy is so presies dat alles bitterlik presies, soms perfek, op sy plaas is. Daar is nie ‘n grashalm of onkruid te sien nie en die walle 10 BESIG OM ‘N JOHN DEERE TREKKER UIT TE TOETS! AS JY NOU VIR JOU VERSKAFFERS WIL WYS WAT HULLE VIR JOU BETEKEN DAN IS ‘N PERFEKTE BRAAI AREA MET AL HULLE NAME OP NET DIE REGTE MEDISYNE. om sy damme word gereeld skoongemaak. Sy werkers is juis besig is om aan ‘n dam te werk waar selfs die pomp toegebou word om sy plaas netjies te laat Z˂