Senwes Scenario August / September 2019 | Page 9

Produsente en landboukundiges in die skoolsaal voordat verrigtinge begin het. ting is toegedien. Daar was geen statisties betekenisvolle reaksie tussen die peile nie. Daar was dus geen eko­ nomiese voordeel in die bemesting van sojabone nie. Dit is moontlik as gevolg van genoeg residuele N in die grond, of die sojabone het genoeg N gebind, of ’n kombinasie van die twee moont- likhede.  Plantestandproef: Plantpopulasie van 15 000 tot 50 000 plante/ha met tweerywydtes is gebruik om ’n model te bou waarvolgens hy vir elke jaar die optimum plantpopulasie op sy plaas kan bepaal.  Ripdiepteproef: Rip op 750 en 900 mm diep het in 2016/2017 ’n statisties be­duidende effek op opbrengs gehad. Dit het egter nie in die 2017/2018 seisoen herhaal nie. Kobus van Zyl het die oorsake, voorkoms en oplossing van ondergrondsuurheid bespreek. Die toenemende versuring van die ondergrond op ’n diepte van 400 – 600 mm, het verhoogde produksierisiko tot gevolg. Voorkoming is makliker as regstelling. Bekalk die grond en bemes die plant. Monitor gereeld en effektief om gesonde grond te verseker vir konstante volhoubare produksie. Johan Bibbey van Dekalb/Bayer het gesorg vir ’n paradigmaskuif oor die verskil tussen data en inligting, waar laasgenoemde voortvloei uit die verwer­ king en interpretasie van data. Dr Danie Beukes het kortliks die waarde van aaneenlopende meting van grondtemperatuur en grondwaterinhoud (proewe te Kroonstad) bespreek om aan te toon hoe dit gebruik kan word om die effek van bewerking- en gewaspraktyke op biologiese, chemiese en fisiese NUUS | NEWS grondprosesse, wat grondgesondheid en grondproduktiwiteit en gevolglik opbrengs beïnvloed, te evalueer. Die waterver- bruiksdoeltreffendheid van verskillende stelsels is ook aangetoon. Gerrie Trytsman het die besprekings afgesluit met ’n oorsigtelike aanbieding oor grondgesondheid en die rol van dek- gewasse. Die bespreking en vrae, gelei deur Jaco Minnaar, het benewens ’n goeie barometer ook geleentheid gebied om die uitkoms van ander soortgelyke proewe te ver­neem. Leemtes vir toekomstige navor­ sing is ook geformuleer. Thabo van Zyl (organiseerder van die dag) het sy dank uitgespreek teenoor al die medeboere wat die dag bygewoon het, asook die borge (alfabetiese orde) Dekalb/Bayer, Mielietrust, Omnia, Senwes & Telwiedre, en sy personeel wat die dag en die navorsing moontlik gemaak het. • Die SOK-proewe sal in ’n reeks artikels meer omvattend bespreek word. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 7