Senwes Scenario August / September 2019 | Page 8

NUUS| NEWS Kobus van Zyl van Omnia aan die woord in ‘n profielgat by die ripdiepteproef. Die invloed van verdigting en ripdiepte op wortelverspreiding en waterinhoud is bespreek. Sandgrond Ontwikkelingskomitee (SOK) Boeredag Boere luister na die aanbieding van Dekalb/Bayer by die plantpopulasie- proef. Die mieliekoppe wat vertoon word, is by die verskillende plant- populasiepersele gepluk. Nuutste navorsing en resultate met produsente gedeel Dié ontwikkelingskomitee bestaan al ’n hele dekade. Die doel van hierdie groep produ­sente is om produksiepraktyke, wat volhoubare graanproduksie met behoud van grondgesond- heid bevorder, op die wisselende watertafel sandgronde van die NW Vrystaat te toets.  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Grondkundige D ie unieke uitdagings op sand- gronde is die hoeveelheid plantbeskikbare water, grond- verdigting en winderosie. Hierdie faktore moet bestuur word teen die agtergrond van geskikte bewerking, wisselbou en dekgewasse. Die faktore moet dan geïntegreer word om die beste produksiepraktyke te kies. Op 1 Mei 2019 het die SOK weer ’n baie suksesvolle boeredag by Humansvlakte Skool aangebied. Die jong- ste navorsing en resultate is met mede- 6 boere gedeel. Heelwat meer as die 139 bespreekte gaste het die dag bygewoon. Die groep produsente is in twee groepe verdeel, wat onderskeidelik na die plantpopulasie- en ripdiepteproefpersele vervoer is. By die plantpopulasieproef is boere die geleentheid gebied om deel te neem aan die oesskattingskompetisie wat deur Dekalb/Bayer geborg word. KORT OPSOMMING VAN DIE AANBIEDING DEUR SPREKERS Lourens van der Linde het aan pro- dusente verduidelik hoe hy verskillende bewerkings­praktyke op sy plaas getoets het. Hy het ’n voorbeeld getoon van hoe medeboere insetkoste, opbrengs en wins SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 van bewerkingstelsels kan bepaal om hul eie volhoubare stelsels te kies. Danie Minnaar se resultate met ’n plantpopulasieproef by Kroonstad, het die volgende getoon: Soos plantpopulasie toeneem, het die bydrae van die eerste kop tot die op­- brengs toegeneem, terwyl die bydrae van die tweede kop en spruite afgeneem het. ’n Tweede proef is in samewerking met Netafim gedoen, waar ondergrondse druppers gebruik word om die wisselende watertafel en/of oorlêstelsel na te boots. Thabo van Zyl het resultate van drie proewe bespreek:  Sojaboonbemesting: verskillende peile (0 tot 160 kg/ha) van stikstoftopbemes­