Senwes Scenario August / September 2019 | Page 7

NUUS | NEWS Werk harder en meer doelgerig, stel hoë eise en druk jouself, steek jou hand op en wees positief, want indien jy destruktief is, gaan jy nie oorleef nie. goeie nadraai in Amerika gehad. VRAAG EN AANBOD Die feit van die saak is dat daar ’n te hoë aanbod is en die wêreld BBP het ook getaan. Verbuikers raak meer veeleisend, het meer keuses en kostestrukture is bykomend besig is te verlaag. Neem die banksektor as voorbeeld - voor 2015 was daar feitlik geen aansoeke vir banklisensies nie. Sedert 2015, en meer spesifiek vanaf 2017, was daar 26 aansoeke. Dit demonstreer ’n oorvoor­ siene aanbodkant. Die vraagkant gee die verbruiker die voordeel van keuse en die opposisie begin nou meeding vir gratis dienste, waarvoor in die verlede betaal is. Dit wat destyds fisies betaal is, kom nou netjies binne ’n produk se prys ingebou. Dit lyk of dit gratis is, en daar word gesê dit is gratis, maar dit is nie werklik die geval nie. ’n Voorbeeld hier- van is dat diens deesdae aan lojaliteit gekoppel word, waar die verbruiker geld of punte kry. Uit die verbruiker se oog- punt is dit gratis, want hy kry die produk teen dieselfde prys en iets ekstra. Maar min mense doen detail analises oor tyd, byvoorbeeld met betrekking tot die rand/ dollar wisselkoers en wat ’n produk jou in 2018 uit die sak gejaag het. Beide die vraag- en aanbodkant het spesifiek in plattelandse dorpies gedaal, wat grotendeels op mynbou, landbou en toerisme fokus. Ooraanbod het die gevolg dat pryse daal, wat die landbouer onder druk plaas en veroorsaak dat hy minder koop. INSETBESIGHEDE KRY SWAAR Dit is basies dieselfde verhaal as verlede jaar. Die marktoegangskant, soos Senwes Grainlink, Grainovation en Tradevantage, het goed gedoen terwyl die insetkant, Senwes Equipment en Hinterland, ’n moeilike tydperk beleef. Graanhantering het swakker gevaar as die vorige jaar, maar beter as die ander besighede in ons portefeulje. Bastion het op sy beurt beter gevaar, maar verkeer steeds onder druk. Indien daar na die vorige jaar se resultate gekyk word, spesifiek na die hoofdrywer binne Senwes, naamlik graanvolume, dan moes Senwes op ’n verdienstebasis 30% minder wins behaal het, maar weens kompenserende aspekte en risikobeheer- maatreëls, het ons net 9% minder wins behaal. Dit is die gevolg van koste-effekti- witeit en slimmer sake doen, met natuurlik al die risikobestuursmeganismes in plek. DIE RES VAN 2019 EN DIE TOEKOMS IN Ons sien ten minste ’n draai in graan- pryse, wat aangevuur word deur oorma- tige reën tydens die plantvenster in die midweste van Amerika, waar beplande aanplantings gevolglik nie gerealiseer het nie. Oeshektare is gevolglik onder druk en paniek in die mark lei daartoe dat mark- te met 20-25% verbeter het, wat ook na Safex oorgespoel het. Daar moet genoem word dat boge­ noem­de nog moet realiseer. Met die seisoen wat agt weke laat is, word die kontantvloei ook met agt weke uitgestel. Ons het begin tot middel Julie slegs 20 000 tot 22 000 ton per dag ontvang, terwyl ons teen die tyd eintlik al 40 000 na 50 000 ton per dag moet hanteer. Produsente gaan nie nou geld span- deer nie weens die feit dat hulle onder druk is wat winsgewendheid aanbetref en met die seisoen wat laat is, is die kontant- vloei ook nie na wense nie. POSITIEWE KANT Aan die positiewe kant kan ons aan die kredietkant sien dat die produsente gewillig is om te plant. Ons sien reeds die eerste tekens van klante wat aansoek om krediet doen vir die komende seisoen. Grondprofiele lyk goed en daar was goeie reën in die najaar. Dieselpryse begin daal, Brent ruolie het van bo die $70 per vat na tussen $60 en $65 dollar gedaal en daar- op is die rand ook sterker. Vanaf Oktober tot November gaan daar heel moontlik baie hoë hektare geplant word. LAAT OES SE EFFEK Die laat oes beteken ook dat rente- inkomste verbeur word en die agt weke ter sprake maak ’n groot verskil ten opsigte van tonne wat geoes word. Dis ’n groot gat wat ons sal moet vul. Uit hierdie oogpunt gaan dit ’n baie moeilike jaar vir ons wees. Ek dink nie julle moet verwag dat ons enig- sins die ligte gaan uitskiet nie. EFFEKTIWITEIT, INTROSPEKSIE EN SKOUER AAN DIE WIEL Op ’n dieper vlak word daar tans gekyk na effektiwiteit asook funksionaliteit. Al ons besigheidseenhede is onder die vergroot- glas. So wat doen ’n mens nou? In so ’n tyd fokus jy baie hard op jou persoonlike motivering, want dit is nie- mand anders se plig nie. Werk harder en meer doelgerig, stel hoë eise en druk jouself, steek jou hand op en wees posi- tief, want indien jy destruktief is, gaan jy nie oorleef nie. Jy kan ook nie na ’n ander plek hardloop waar dit Utopia is nie. Dit is ongelukkig die omstandighede in die wêreld en in SA. Indien jou houding reg is en daar posi­ tief aan prosesse deelgeneem word, dan kom dinge gewoonlik vinniger reg as wat aanvanklik beraam is. Ek glo dat die lewe regverdig is. Indien jy jou kant bring, dan werk dinge gewoonlik reg uit. Die realiteit is dat ons in is vir ’n moei­ like tyd. Die vraag is of jy die sypaadje voor jou woning skoonmaak, of gaan jy wag vir die munisipaliteit om dit te doen? Ek maak my sypaadjie, sowel as dié van my bure skoon. Die wat bloot net saamry en van die kant af sake bekyk, sal êrens verder af met die stroom uitspoel. Wees realisties en sit jou kop neer. Ons het gewoond geraak aan ’n kultuur dat ander die werk moet doen. My antwoord is: Bestuur jou eie bus. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 5