Senwes Scenario August / September 2019 | Page 47

MARKETS | MARKTE Grafiek 1: Maandelikse verbruik van mielies – plaaslik. Grafiek 2: Basislink premies. VERSKIL IN PRYS Gedurende jare waar voorraad in ’n tekort was en die nuwe produksieseisoen belowend gelyk het, was die verskil in die Maart- en Juliepryse soms baie groot. Die Maartprys is heelwat hoër as die Julieprys, omdat kopers juis produsente probeer motiveer om vroeër aanplantings te maak. Uit grafiek 3 kan gesien word dat die Maart 2020-prys reeds R193/ton beter as die Julie 2020 prys is. Hierdie prysverskil het in vorige jare groter as R1 000/ton geraak. Daar kan dus vir ’n produsent ’n groot voordeel daarin lê om tonne gedurende Maart aan die mark te lewer. OPSOMMEND Vir produsente wat oorlêlande het, of lande het waar die ondergrondse vog voldoende is, kan dit in die komende produksiejaar ’n groot voordeel inhou om vroeër aanplantings te maak. Produsente moet egter nie net op die moontlikheid van ’n hoër prys staat maak nie, maar ook onthou van premies wat deur Senwes se Basislink platform verhandel. Indien die besluit gemaak word om vroeër te lewer, moet verskansing ook nie agterweë gelaat word nie – vir hulp hiermee kan produ­ sente met hul graanadviseurs of Safex- makelaar praat. Grafiek 3: Prysverskil tussen Maart en Julie 2014 - 2020. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 45