Senwes Scenario August / September 2019 | Page 46

MARKTE | MARKETS Graanmarkvooruitsigte Lente 2019 Produsente staan aan die einde van ’n uitdagende produksieseisoen en moet vorentoe kyk en beplanning doen vir die nuwe seisoen se aanplantings. Vir baie produsente is daar genoegsame grondvog beskikbaar na die vorige seisoen se laat reëns en kan dit oorweeg word om vroeë mielieaanplantings te doen vir lewering in Maart. Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis D ie rede vir hierdie besluit sal wees om premies op Maartlewerings te ontvang en die moontlikheid dat die ou bemarkingsjaar se pryse hoër as die nuwe bemarkingsjaar se pryse kan wees. VERWAGTE BESKIKBAARHEID VAN MIELIES IN DIE TWEEDE DEEL VAN DIE BEMARKINGSJAAR Die 2018/19 oes word tans deur die NOK op 10,93 miljoen ton geskat. Met ’n ver- wagte binnelandse verbruik van 10,82 miljoen ton, word feitlik die hele produksie opgebruik. Suid-Afrika se buurlande het in die afgelope produksiejaar moeilike toestande beleef, met Mosambiek wat 44 deur vloede getref is en Zimbabwe wat as gevolg van strukturele probleme, nie in hul eie behoeftes kan voorsien nie. Die verwagting is tans dat daar sowat 1,1 miljoen ton mielies uitgevoer gaan moet word, hoofsaaklik na Suid-Afrika se buur- lande. Hierdie uitvoere werk die surplusse wat gedurende die vorige jare se goeie oeste opgebou is, weg. Die NAMC raam dat daar sowat 1,5 miljoen ton mielies aan die einde April 2020 binnelands beskikbaar gaan wees. Hiervan is 555 208 ton geel­ mielies en 970 038 ton witmielies – beide syfers wat kopers van graan bekommerd maak oor die beskikbaarheid van fisiese graan. Dit is veral in die Suidwes-Vrystaat waar die grootste kommer op die oomblik bestaan. Die rede vir hierdie kommer is die sterk SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 verbruiksyfers wat tans gesien word. Uit die nuutste SAGIS-syfers kan gesien word dat die verwerking van mielies plaaslik baie hoog is. Uit Grafiek 1 kan gesien word dat die verbruik vir Mei 2019 die hoogste Mei-gebruiksyfer sedert 2000 was. Dit is dan ook die derde grootste maandelikse verbruiksyfer sedert 2000. Die knap eindvoorraad wat verwag word, lei tot premies. Uit Grafiek 2 kan die WM premies wat op Basislink verhandel het gedurende Maart 2017 (die vorige keer toe voorraad knap was) en die gemiddelde premie wat in Maart verhandel het, gesien word. Hoewel die verwagte voorraadvlakke na verwagting nie hierdie bemarkingsjaar so laag as in 2017 sal wees nie, kan daar tog gesien word dat die premies wesenlik hoër as normaal verhandel het.