GRAANMAKELAARS | GRAIN BROKERS
Witmielieverskansingsalternatiewe
Wat wys die geskiedenis?
Die begrip ‘verskansingstrategie’ hou verband met die strategie of bemarkingsplan wat ’n
produsent kan volg om die waarde van produksie vas te stel of te beskerm deur middel
van afgeleide instrumente.
Deur Frans Dreyer
Bestuurder: Senwes Graanmakelaars
V
erskansing as sulks bly egter
van die moeiliker besluite waar-
mee produsente elke seisoen
gekonfronteer word. ’n Produsent
moet tevrede wees met die realiteit dat ver-
skansingsbesluite vir ’n oes, wat dalk nog
geplant en gewoonlik nog gestroop moet
word, wel geneem word op grond van
die inligting wat op daardie spesifieke tyd
beskikbaar was. Hierdie realiteit maak die
implementering van ’n verskansingstrate
gie, eerder as ʼn lukrake verskansings-
besluit, ’n minder riskante benadering.
Verskansingstrategieë word dien-
ooreenkomstig gereeld nagevors om te
bepaal watter tipe strategie oor tyd die
beste resultate sou oplewer. Hierdie artikel
bevat die resultate van ’n studie waar nege
alternatiewe witmielieverskansingstrate-
gieë vergelyk is vanaf die 2002/03 tot en
met die 2018/19 produksiejare, dus 17
seisoene. Die strategieë is geïmplementeer
vanaf 1 Desember elke seisoen teen die
daaropvolgende Julie-kontrakprys. Die
nege strategieë kan kortliks as volg uiteen-
gesit word in Tabel 1:
Strategie Kort beskrywing
Strategie 1 Maatstafstrategie Verkoop alle produksie teen die Julie-kontrakprys in strooptyd (geen vooruitverskansing).
Strategie 2 Minimumprysstrategie Koop minimumpryse (put-opsies) tydens die plantvenster vir die verwagte produksie.
Strategie 3 Minimum-/Maksimum
prysstrategie Koop ’n put-opsie en verkoop ’n call-opsie tydens die plantvenster vir die verwagte produksie. Die
opsietrefvlakke word gekies sodat die strategie die koste van ’n gewone put-opsie halveer.
Strategie 4 Drie-segmentstrategie Verkoop verwagte produksie in drie gelyke segmente deur middel van vastepryskontrakte. Die eerste
derde tydens die plantvenster, die tweede derde tydens die bestuiwingstydperk begin Maart en die laaste
derde tydens strooptyd.
Strategie 5 Twaalf-segmentstrategie Verkoop verwagte produksie in twaalf (12) gelyke segmente deur middel van vastepryskontrakte.
Bemarking word min of meer elke 13-15 dae gedoen om die verdeling in 12 gelyke segmente vanaf 1
Desember tot die daaropvolgende Julie te verseker.
Strategie 6 Aktiefbestuurde
minimumpryskontrak Koop minimumpryse (put-opsies) tydens die plantvenster vir die verwagte produksie. Bestuur die
minimumpryse deur opsies gestruktureerd terug te verkoop en vastepryse in hul plek in te neem
wanneer die Julie-kontrakprys bo die gemiddelde minimumprystrefvlak verhandel. Sodoende word die
gerealiseerde verskansingsvlak stelselmatig verhoog en opsiekoste verlaag.
Strategie 7 Uit-die-geld Julie-kontrak
aktiefbestuurde sintetiese
minimumprysstrategie Verkoop verwagte produksie deur middel van vasteprystermynkontrakte gedurende die plantvenster. Koop
verder uit-die-geld call-opsies teen die Julie-termynkontrak vir elke vasteprystermynkontrak. Die call-opsie
trefvlak word so gekies sodat die strategie die koste van ’n gewone by-die-geld put-opsie halveer. Wins
word gestruktureerd op die call-opsies geneem indien die opsies in-die-geld verhandel. Die potensiële
totale wins per ton wat gerealiseer word deur die aktiewe bestuur van die uit-die-geld call-opsies kan dan
by die vastetermynkontrakprys gevoeg word.
Strategie 8 By-die-geld Maart-kontrak
aktiefbestuurde sintetiese
minimumprysstrategie Verkoop verwagte produksie deur middel van vasteprystermynkontrakte gedurende die plantvenster.
Koop verder by-die-geld call-opsies teen die Maart-termynkontrak vir elke vasteprystermynkontrak. Wins
word gestruktureerd op die call-opsies geneem indien die opsies in die geld verhandel. Die potensiële
totale wins per ton wat gerealiseer word deur die aktiewe bestuur van die by-die-geld Maart call-opsies,
kan dan by die Julie-vastetermynkontrakprys gevoeg word. Verkoop verwagte produksie deur middel van
vasteprystermynkontrakte gedurende die plantvenster. Koop verder uit-die-geld call-opsies teen die Julie-
termynkontrak vir elke vasteprystermynkontrak. Die call-opsietrefvlak word so gekies sodat die strategie die
koste van ’n gewone by-die-geld put-opsie halveer. Wins word gestruktureerd op die call-opsies geneem
indien die opsies in-die-geld verhandel. Die potensiële totale wins per ton wat gerealiseer word deur die
aktiewe bestuur van die uit-die-geld call-opsies, kan dan by die vastetermynkontrakprys gevoeg word.
Strategie 9 Drie rigtingopsiestrategie. Hierdie strategie is ’n verlenging van die minimum-/maksimumopsiestrategie (strategie 3). In hierdie
geval word daar ’n put-opsie verkoop op ʼn laer trefvlak as die gewone (lang) put-opsie van die min/maks
strategie. Die verkoopte put- en call-opsietrefvlakke word gekies sodat die netto strategiekoste nie meer
as R20/mt is nie.
42
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019