Senwes Scenario August / September 2019 | Page 42

NUUS | NEWS ALFA 2019: Die wáre Jakob ALFA, oftewel die African Livestock Trade Fair, vier vanjaar sy vierde bestaansjaar en sal van 17 tot 19 September by die Afridome in Parys gehou word. Maak ook seker jy mis nie uit met Senwes Credit sowel as Hinterland wat deel van die 2019 uitgawe uitmaak.  Deur Michelle Verster Aanlyn-Joernalis: Plaas Media A LFA fokus op lewendehawe en alle aktiwiteite en projekte wat by dié ekspo aangebied word, is op vier pilare gebaseer – doeltreffende veeproduksie, die landbou- jeug, handel en sosiale interaksie. ALFA SE VEEKOMPETISIES Verskeie veeprojekte en -aktiwiteite word onder die vaandel van die doeltreffende veeproduksiepilaar by ALFA 2019 aange- bied. Hierdie projekte sluit spesies in wat deur die Diereverbeteringswet, 1998 (Wet 62 van 1998) gedek word: Vleis- en melk- beeste, vleis- en wolskape, melk- en vleis- bokke, varke, werksperde en -honde, wild, konyne, braaikuikens en lêhenne. Daar kan vanjaar na verskeie vee-akti­ witeite uitgesien word: Nutri Feeds se Nasionale Versprestasie­kampioenskap en Moneymaker-uit­stal­­lings vir ooie en koeie, BKB se ram­prestasie­­kampioen­skap, die Cape Gate mega-os-kampioenskap, GWK se Hoëveld Suiwel­interraskampioenskap, Barnlab se sogenaamde ‘Best of the 40 Best’-uitstalling van kampioenramme, die RPO interrasslagos- en karkaskam- pioenskap, die Zoetis junior interras- kampioenskap, Total Agri se ‘Face of the Breed’-uitstalling vir bulle, Sernic se junior slagoskompetisie, TAU Voere se Hoëveld Slaglamkampioenskap en die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging se People’s Choice Beef Challenge. Besoekers kan ook uitsien na veege- fokusde werkswinkels, wat op enigiets van voeding en bestuur tot teling en veehan- tering gaan fokus. Die Wagyu World sal weer deel wees van ALFA 2019 en besoekers sal die geleentheid hê om Wagyuvleis te koop en meer oor dié ras te leer. Veilings is ook op die spyskaart, insluitend ’n allerasbulvei­ ling, ’n allerasversvei­ling en twee nasio- nale veilings. HINTERLAND NASIONALE INTERRASVLEISBEESKAMPIOENSKAP Die eerste Hinterland Interraskampioen­ skap is in 2017 tydens ALFA aangebied en die kompetisie het sedertdien van krag tot krag gegaan. Die interrasgrootkampioen manlike en vroulike dier van die twaalf grootste skoue SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 in Suid-Afrika word genooi om aan hierdie kampioenskap deel te neem. Die nasionale manlike en vrou- like interraswenners word dan by die ALFA-galadinee aangewys. Verlede jaar se interrasvleisbeesbulwenner, van Raymund de Villiers se Santa Ray Santa Gertrudisstoet, is kort ná afloop van ALFA 2018 vir ’n nuwe rekordprys van R400 000 verkoop. Vanjaar beloof om weer ’n spoggeleent­ heid te wees en besoekers kan die bulle daagliks besigtig en na die finale beoor- deling op 19 September kyk. Die wenners in albei klasse sal die aand van 19 September gekroon word nadat al die deelnemers en hulle han- teerders aan ’n parade deelneem tydens die ALFA-dinee. Voorwaar iets om na uit te sien! Vir meer inligting oor ALFA 2019, kontak asseblief vir Marlene Momberg by 083 635 6786 of stuur ’n e-pos aan marlene.momberg@ Hinterland.co.za of alternatieweli ska- kel Albert Loubser by 082 562 2188 of stuur ’n epos aan albert@plaasme- dia.co.za.