Senwes Scenario August / September 2019 | Page 40

FINANSIES | FINANCES Besigheidversekeringsbehoeftes As ons praat oor besigheidversekering, word ons dikwels so op hoogte gebring van die struktuur en belastingimplikasies van besigheidversekeringspolisse, dat ons heeltemal vergeet van die doel wat die oplossings bied.  Deur Lucas Coetzee Liberty Regspesialis D ie doel van besigheidverseke­ ringsoplossings is om te vol- doen aan ’n behoefte of doel- wit van ’n kliënt na aanleiding van ’n bespreking van ’n besigheids­ behoefteanalise. Die struktuur is glad nie ingewikkeld nie en volg slegs die behoefte wat ge­­ iden­­­tifiseer is. As die adviseur die nodige basiese vrae vra om versekerbare belang te bepaal, sal die struktuur natuurlik volg. By die vasstelling van ’n behoefte en dus ’n versekerbare belang, moet die adviseur vasstel wie die behoefte het om ’n ander te verseker en hoekom daar so ’n behoefte is. Die “wie” en “hoekom” vrae sal maklik die versekerbare belang tussen die partye tot ’n versekeringskontrak bepaal. VRA DIE VRAAG “WIE?” Die “wie”, met die doel om versekerbare belang in ’n versekeringskontrak te be­paal, is die persoon wat ’n verlies sal ly na die dood of ongeskiktheid van die versekerde lewe. Hy sou dus ’n spesiale finansiële belang in die versekerde lewe hê. Die “wie” persoon is gewoonlik die aansoeker 38 van die poliskontrak, wat later die poliseie­ naar word en wat geregtig sal wees op die opbrengs van die polis, tensy hy ’n beguns­tigde nomineer om die opbrengs te ontvang. Bogenoemde vraagtegniek kan geïllus- treer word met ’n voorbeeld: Maatskappy A het drie aandeelhouers. Twee van die drie aandeelhouers is nie aktief betrokke by die besigheid nie en het ’n relatief klein persentasie aandeelhoud- ing. Die derde aandeelhouer besit egter die meerderheid van die aandele en speel ’n belangrike rol in die daaglikse bedry- wighede van die maatskappy. In die geval van sy dood of ongeskiktheid, wie sal ’n finansiële verlies ly? Dit is duidelik dat die maatskappy self die grootste gedeelte van die finansiële implikasies van so ’n tragedie sal dra. Hulle sal een van die sleutelrolspelers moet vervang. Daarom, deur hierdie vraag te beantwoord, het ons duidelik gedefinieer dat die maatskappy ’n polis moet voorstel op die lewe van die meerderheidsaandeelhouer. VRA DIE VRAAG “HOEKOM?” Die “hoekom” vraag word gevra om die behoefte te bepaal. Wat is die verhou­ ding tussen die aansoeker/polishouer en die versekerde lewe en hoekom sal die SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 polishouer ’n verlies ly by die lewens- versekerde se dood of ongeskiktheid? Die antwoord op hierdie vraag bevestig die behoefte en stel dus die verseker- bare belang tussen die polishouer en die versekerde lewe vas. Deur die HOEKOM-vraag op die boge­ noemde feite toe te pas, kan aangevoer word dat die maatskappy finansieel skade sal ly as gevolg van die verlies van vaardigheid en kennis en dit is waar- om daar ’n behoefte aan vergoeding vir be­dryfsverliese bestaan. Hierdie vrae word gebruik om te illus- treer hoe eenvoudig dit is om die struk- tuur van die oplossings te bepaal deur die regte vrae te stel. Moenie toelaat dat belasting op die verskillende strukture die plan wat ’n kliënt benodig, bemoeilik of belemmer nie. Die belasting op die polis wat in die verskillende strukture gebruik word, kan ontleed en aan ’n kliënt verduidelik word nadat die behoefte vasgestel is en die toepaslike oplossing geïdentifiseer is. ’n Stewige portefeulje kan uiteindelik gestruktureer word met die regte vrae om die behoeftes van ’n kliënt optimaal aan te spreek. Vir meer inligting kontak jou Certisure verteenwoordiger.