Senwes Scenario August / September 2019 | Page 4

ALGEMEEN | GENERAL COLUMN | RUBRIEK Uit die Woord Laat jou woorde prut in ’n geurige sous D ie huidige landbouseisoen is baie laat, sowat agt weke om presies te wees, het ek weer gehoor na my onlangse gesprek met Senwes HUB, Francois Strydom rakende die finansiële resultate. Dit het natuurlik verreikende gevolge, waaroor hy in sy artikel uitwei. Maar waar begin mens om ’n LAAT seisoen te definieer en die impak daarvan te omskryf? Daar is so baie idiome en gesegdes oor laat. Hoe later hoe kwater... noem hulle maar op. Selfs die trappe van vergelyking, laat, later laatste… laat jou sommer sidder en bewe van vrees as iemand jou met die woorde agterlaat. Laat is so kripties en verduidelikend dat dit op sigself jou klaar penregop laat staan, reg om met jou rug teen die muur op die verdediging te gaan. So ook in sulke kwesbare tye soos hierdie, laat ons ander soms met net ons woorde wat ons uiter, wat natuurlik ’n geweldige impak kan hê. Daarom moet ons poog om ons woorde eerder in geurige souse te doop. Dit net sodat die ontvangers daarvan soveel meer ontvanklik daarvoor kan wees. En selfs al is die ontvangers aanvan- klik heeltemal onontvanklik daarvoor, sal hul mettertyd, miskien ’n volgende keer, dit beter inneem en verteer. Maar die ander end van die skaal is ook beslis waar, om feitelik kor- rek te wees, om die ware impak van die situasie weer te gee, maar met ’n positiewe nadraai. Dat ons sal moet laat wiel, die laatlamme­ tjies hanteer en nie toelaat dat die laat seisoen ons onderkry nie. ’n Boer maak mos ‘n plan en in ruil word ons durf en daad in ons DNS vervat, reg vir toekomstige generasies om te benut. Ek laat julle met die woorde van Tony A Gaskins Junior: “’n Fout word ’n les, pyn word ’n doel, ’n gemors word ’n boodskap, ’n toets word ’n getuigskrif, elke struikelblok word ’n geleentheid, maak nie saak hoe sleg die geleentheid is nie - neem die les.” Boer gefokus voort, produsente! ’n Mosterdsaadjie Lees: Matt. 13:31,32 Ds. Willie Botha Mosterdsaad was van groot betekenis in die Bybelse tyd. Net deur die woord mosterdsaad te gebruik, het Jesus dade- lik die aandag van al die mense gehad, veral dié van die Fariseërs. Mosterdsaad is geweldig klein, trouens dit word in die Joodse wette en selfs in die Bybel gebruik as maat- staf van besondere kleinheid. Dink maar aan Matt. 17:20, waar Jesus noem dat ‘n mens maar net soveel geloof as ’n mosterdsaadjie moet hê en dan berge kan versit. Dit was egter ook onrein. Daar was streng wette oor waar sekere sade geplant en nie geplant mag word nie. Mosterdsaad het verskriklik vinnig ontkiem. Party mense sê dat dit ontkiem sodra dit op die grond val. Wanneer mosterdsaad byvoor- beeld tussen koring geplant sou word, kon ’n mens maklik die koring en die mosterdplant verwar. Levitikus 19:19 verbied die saamplant van mosterd met ander plante omdat dit die skeppingsorde sou versteur. Die vermenging sou neerkom op ’n skending van die heiligheid van God. Daarom moes mosterdsaad eenkant geplant word, nie tussen die koring nie, en ook glad nie in ’n tuin nie. Uit ’n botaniese oogpunt is die mosterd­plant ook nie as ’n boom gekategoriseer nie, maar eerder as ’n struik. Die plant het slegs sowat 120 cm groot geword en baie gebruike gehad. Dit het ’n besondere smaak aan kos gegee, maar eintlik is dit veral die medisinale ge­brui- ke wat ’n mens opval: dit is gebruik vir teengif vir slang- en skerpioenbyte, teengif vir gevaarlike swamme, maagproble­ me is daarmee gedokter, dit het gehelp vir tandpyn, vir slym op die bors en vroue het dit ook graag gebruik. Ons vind ’n teenstrydigheid in die grootte van die mosterd­ plant. Die mosterdsaadjie raak so groot dat voëls in die takke kan nesmaak. Nou hoe kan voëls in die takke van ’n plant nesmaak wat maar net oor ’n meter is? Hulle sal mos deur katte en allerhande ander diere gevang word? Luister gerus: Die groot seders van die Ou Testament wat met aardse koninkryke soos Egipte en Babilonië vergelyk word, het almal tot ’n val gekom. Aardse koninkryke en dit wat ons as groot op aarde beskou, het eenmaal nie ewigheids­waarde nie. ’n Mosterdsaadjie raak die soort plant wat die eienskappe van ’n seder dra. Die koninkryk van God begin byna onsien- baar klein, maar dit raak daardie verskriklike groot boom, wat dit eintlik, menslik gesproke, nie kan word nie. Jesus se konin­kryk is dus anders as die koninkryke van mense. Jesus se koninkryk groei, versprei en genees soos mosterd- saad. Dit oortref ons wildste verwagtinge. Dit is onvernietig- baar en ewig. God wil hê dat ons in hierdie huis van Hom sal tuis wees soos die voëls van die hemel. 02 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019