Senwes Scenario August / September 2019 | Page 38

JAG | HUNTING Is spoed en akkuraatheid verwant aan mekaar? In die vorige artikel het ons die bepaling van akkuraatheid bespreek. Die teorie dat spoed ’n aanduiding is van hoe akkuraat ’n geweer skiet is bespreek, sodat die teorie in die artikel getoets word. Om die teorie in praktyk te toets, het ek die volgende skiettoets gedoen.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Jag- en wapenkenner E k het met ’n 308-kaliber ses ver- skillende ladings geskiet. Elke groep het bestaan uit drie rond- tes waarvan al die veranderlikes konstant gehou is tussen die groepe, behalwe die hoeveelheid dryfmiddel. Elke groep se dryfmiddel het .5gr van mekaar verskil. Ek het die ses verskillende groepe geskiet en die spoed gemeet van elke skoot, asook die groeperingsgrootte van elke drie skote van dieselfde lading. Na afloop van my toets het ek die data ver- werk om die teorie te toets. Hier volg die data wat ek op die skietbaan gekry het. 36 Wapen: 308 Howa 24-duim Doppe: Lapua Aansteker: PMP Dryfmiddel: S341 Projektiel: Balistix 167gr Huntac Afstand: 100 m Teiken nommer 1 het die beste groepe­ring gegee. Die uiterste verspreiding van die drie skote se spoed is aanvaarbaar op 20fps, maar enige skut sal weet dat 28.67 mm nie aanvaarbaar is nie. Teiken nommer 5 se drie skote het die beste uiterste verspreiding gegee, alhoewel sy groepe­ring nie naby aan die kleinste is nie. Sy groeperingsgroot­ te van 60.33 mm is ook nie naby aan ’n akkurate groepering nie. Uit hierdie 24 skote wat geskiet is, kan SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 ons duidelik sien dat die uiterste ver- spreiding nie alleenlik gebruik kan word om akkuraatheid te bepaal nie. Die drie skote waarvan die spoed die naaste aan mekaar is, skiet oor die 60 mm uitmekaar uit, en dit met ’n kaliber wat gewoonlik baie beter groeperings skiet as wat in die toets gevind is. Skuts en herlaaiers regoor die wêreld gebruik spoed as ’n aanduiding van akku- raatheid. Indien dit wel ’n geldige manier is om akkuraatheid te bepaal, moet daar nog ’n veranderlike wees wat nie in ag geneem is in die toetse nie. Indien die lading gebruik word wat vir ons die beste uiterste verspreiding gegee het en die totale patroonlengte (TPL) verander, mag ons ’n beter groepering