Senwes Scenario August / September 2019 | Page 30

AREAFOKUS | AREA FOCUS Hartswater Plek van water Magogong Plek van aanbranding ’n Plek se naam sê gewoonlik alles. Hartswater wat, danksy die Hartsrivier en Vaalharts­ kanale, met water vir Afrika kan spog en Magogong wat, vir die wat nie geweet het nie, plek van aangebrande pap beteken.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D KLOK WORD TERUGGEDRAAI uisende jare gelede was hier­ die gebied die bodem van ’n groot binnelandse meer, maar met die breek van die wal naby Spitskop, het die water uitgevloei. Oor die volgende duisende jare het hope en hope rooi Kalaharisand die gebied binnegewaai en op die bodem geland. Kenners beweer sowat 20 tot 30 voet. DIE VISIE Cecil John Rodes, besigheidsman, poli­ ti­kus, mynmagnaat en minister van die Kaapkolonie, het reeds vanaf 1881 tot 1883 die gebied laat opmeet omdat hy toe reeds gewaar het dat die Vaalhartsvallei laer as die Vaalrivier is. Hy het self die waarde besef: “I look upon this Betchuana­ land territory as the Suez Canal of trade in this country.” Hy het al die kameeldoring- hout in die area gesien en ossewavragte vir stoomenjins uitgery. Plaaslikes beweer 28 dat indien jy mooi kyk, sal jy steeds die ossewaspore van die transportryers in die koringlande sien. VAALHARTS WATERSKEMA GEBORE Die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 is gevolg deur die eerste wêreldoorlog, van 1914 tot 1918, en die aandelebeurs wat in 1928 in duie gestort het. Die staat het die projek om die Vaalharts Waterskema in die 1930’s te bou, geloods met die hoofdoel om werk te verskaf aan armes en terugge- keerde oorlogsoldate. Die groot handge- boude kanaal wat vir kilometers en kilome- ters aaneen loop, nagenoeg 100 km om presies te wees, is ’n meesterstuk op sig- self, maar die netwerk word ook aangevul tot ’n groottotaal van amper 1 000 km, met 500 km se dreineringskanale en 380 km se voedingsvore na die produsente self. Op 16 Desember 1936 om 12:00 het die water uitgestroom onder luide toejuiging van boere, nadat die uitkeerwal die vorige dag oopgemaak is. Een boer het met verbasing uitgeroep: “So wragtag, hier kom hy”, verwysend na die kragtige water- stroom komende van die Vaal. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 Die plase, erwe of liewer persele in die gebied is netjies genommer in blokke wat by blok A by Jan Kempdorp begin en met Blok N by Magogong eindig, met rye en nommers wat spesiaal aan die vloei van die water gekoppel is. STIGTING VAN TWEE DORPIES Hartswater is ’n landboudorpie so reg op die Phokwanerivier, ’n klein sytak van die Hartsrivier. Die dorpie is al in 1948 uitgemeet en het in 1960 ’n munisipaliteit geword. Op sy beurt is Magogong in die winter van 1946 gestig, met 270 nuwe onbewerkte persele in die gebied. Die gebied is netjies geleë tussen die Ghaapse Plato aan die een kant en die Marokane Koppies aan die hoofkanaal se kant. Die name is tipies van die streek met ghaap wat ’n vetplant en welbekende eet- lusdemper is, terwyl Marokane ’n Tswana- kaptein was. GEWASSE Die gebied beskik oor ’n verskeidenheid winter- en someroeste. Die someroes bestaan onder meer uit katoen, grond-