Senwes Scenario August / September 2019 | Page 29

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS 1J10 en 1&2I13 uit die boedel. Daarna het dit begin beter gaan, verklap Riaan, toe hy persele 3J13, 6J13 en 6J10 bygekoop het om nou agt persele in to­­taal te hê. Dis juis die lesse wat hy by sy pa geleer het, wat hom nou nog bybly: “My pa was ’n baie konserwatiewe boer, ’n stoere ou eerlike boer. Sy raad was dat met integriteit, eerlikheid en geloof in jou Skepper, moet jy jou voete stewig op die grond hou. “Dis hoe ek ook graag wil wees”. Alhoewel hy die enigste in die fami­ lie is wat boer, is twee van sy seuns in landbou - Hendrico wat by Agrisol in Potchefstroom werksaam is en ’n hon- neursgraad in grondkunde het, en Marnu, wat op sy beurt besig is met ’n meesters- graad in Agronomie. Hy fokus op die in­­ vloed van kouestres op die opbrengs en kwali­teit van mout gars (Hordeum vulgare) in samewerking met SAB en SAB Inbev. Die jongste, Jo-anco, wat verlede jaar gematrikuleer het, is besig met sy Hoër Diploma in Ingenieurs­ grafika en ontwerp. uitstekend, in alle opsigte, en hulle dra my belange op die hart,” vertel die passievolle boer. Graanlewerings gaan deur Senwes Grainlink se Hartswater en Magogong silo’s. Hy doen sy winter- en somerproduk­siekrediet hier en gebruik Certisure vir sy versekering. Dan doen hy sy aankope by die Hinterlandtak: kuns­ mis, saad, noem dit maar op. Dis net sy grondbone wat deur Golden Peanuts & Tree Nuts gaan, en hulle is op sy voor­ stoep, letterlik. SY ANDER LIEFDE “Grondbone is my liefde, kyk hoe staan hulle rond,” beduie hy met ’n handvol bone wat hy op die kombuisrak nader- trek. Hy doen ook kontrakteurswerk in die Hartswater- en Taung-omgewing hier naby. Verder SY BOERDERY “Ek boer met Senwes se hulp, ek lewe uit Senwes, selfs my kinders se brandstof is van Senwes, vertel die oudskolier van Hoërskool Stella. “Robert Goosen, Johan Zietsman en sy personeel, hanteer my absuluut Riaan en Nelia Esterhuizen boer al die afgelope 24 jaar tussen Magogong en Hartswater. verbou hy mielies as wisselbougewas, tesame met katoen, koring en gars. Hy plant ook ’n stukkie lusern en tans sowat 10 hektaar een- tot tweejarige pekanneut- bome, wat Choctow, Pawnee en Witchita insluit. Hy het ’n redelike gebalanseerde win- ter- en someroes, afhangend van watter grond oop is vir ’n spesifieke gewas. Maar vir die HTS-Kimberley man is die klem op ’n wisselboustelsel krities – “Ek plaas nie al my eiers in een mandjie nie. My forté is natuurlik grondbone en met my toerusting is ek ingerig daarvoor. LESSE VIR JONG BOERE As daar een les is, is dit om deel van georganiseerde landbou te wees, soos hy deel van Eendrag Boerevereniging is. Wees betrokke in die gemeenskap, soos by die kerk. Hy is lidmaat van die Nederduitsch Hervormde Kerk en is ook voorsitter van die Vaalharts Kontreifees. Baie dinge doen jy nie om geld na te jaag nie, maar vir die gemeenskap. Hoewel daar baie uitdagings in landbou is, glo ek dat dit met die regte bestuur oorkom kan word. Een laaste wenk is dat boere hul risiko moet verlaag. VAALHARTS Vaalharts is vir hom ’n unieke plek. Ek het nie sentiment aan die grond nie, maar ek moet sê die uniekheid rakende ligging, water, hulpbronne, Senwes Grainlink se graansilo’s, maak dit uitstekend. Hier is letterlik alles. Ek weet nie waar in die wêreld jy hierdie unieke area en grond- vrugbaarheidsituasie, waar feitlik enigiets groei, sal kry nie. Die plekkie, presies tussen Hartswater en Magogong, waar sy persele sowat 5km van mekaar geleë is, het Riaan en Nelia se lewe geword. Hy sal ook ewig dankbaar wees vir die tyd by die Landbank, toe hy die hele Oos-Transvaal platgereis het en tussen al die boere gewerk het. “Dit het vir my die grondslag gelê”. “Ek kon vir niks beters vra nie… basies hemel op aarde tussen Magogong en Hartswater.” SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 27