Senwes Scenario August / September 2019 | Page 26

NUUS| NEWS 22 | Hartswater takopening Frederik van Zyl se Skaaptrein, is daar ook lekker gesmul. HARTSWATER HARTELOOS Tussen 3 April en 22 Junie 2017 was Hartswater sonder ’n hartklop by die tak en is klante na die nabygeleë tak op Jan Kempdorp verwys. Van die sprekers tydens die opening van die nuwe Hinterland Hartswatertak was Johan Zietsman (Hartswater Takbestuurder), Daan Bronkhorst (Besturende Direkteur), Francois Strydom (Voorsitter van die Hinterland direksie), Louis Lingenfelder (Bedryfsbestuurder). TYDELIKE TOEVLUG Binne 2 maande en drie weke sedert daardie vlammedag, is ’n tussentydse plan beraam om voorraad in te kry en ’n winkel is in een van die store naby die Senwes Grainlink Silo op Hartswater geskep. Hier was hulle ingedruk in ’n winkel­ area van 320 m² en stoor van 350 m², waar hulle van 23 Junie 2017 tot en met Senwes Scenario se besoek op 26 Junie 2019 gestasioneer was. In die woorde van Zietsman: “Hierdie was werklik ’n toevlug gewees om die naam nog aan die gang te hou en klante te diens.” het in die slag gebly. Die verkoopspasie in die afgebrande winkel was 390 m² en nou het dit meer as verdubbel na 793 m². Die winkel spog met ‘n nuwe uitleg sowel as nuwe meubels. Die stoor is ook van 200 m² vervyfdubbel na ’n aparte 1 000 m² stoor, waar die openingsmakietie ook plaasgevind het. Meer as 30 omheinde parkeerplekke wag op jou, 42 personeel­lede, insluitend 29 van Hinterland en 13 by Senwes Equipment, en nie minder nie as drie kas- siere om die laaste stempel op jou nuwe inkopie-ervaring te plaas, is maar net ’n deel van die verbeterings. Met ’n oop- plan, meer as 50 oorhoofse ligte asook ’n kwaliteit verkoelingsisteem wat met ’n 5 000 liter sowel as 1 000 liter tenks ver­ gesel is, word jou inkopie-ervaring ’n verdere plesier. NUWE TAK – GROTER EN BETER Met die finale intrek, of liewer terugtrek op 26 Junie 2019, was dit tyd om voor- raad op ’n ander vlak te neem. Die totale winkel en ontvangsarea, het 100% in die slag gebly en die aangrensende stoor het erns­tige rookskade gehad en baie voer WAPENTROTS Ons los die beste vir laaste. Die wapen- en buiteleweafdeling is ’n nuwe toevoe­ ging tot die tak. Dit beslaan ’n area van 157 m² van die winkel en het die heel beste veiligheidsprodukte soos Ivan Theunissen van Macadu Technologies 24 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 LAERSKOOL HARTSWATER DEEL VAN DIE PRET Die plaaslike Laerskool Hartswater was ook deel van die openings- geleentheid, met hulle jaarlikse fondsinsameling wat tydens die dag plaasgevind het. ’n Tjek van R20 000 is deur Hinterland tydens die opening aan die skool oorhan- dig. Vermaaklikheidskunstenaar Lizz Meiring, met haar tipiese kos vir die siel Afrikaanse humor, het die gehoor saam met Ricus Nel vermaak. aan ons verduidelik. Johan sluit af met die gesegde: “Indien jy dit bou, gaan hulle kom. Ek is vol moed dat ons klante nou weer gaan terug­kom met die vuurwapenafdeling wat selfs nog meer klante gaan lok, selfs die nuuskieriges.” Hy gaan verseker nie op sy louere rus nie en werk tans aan verdere inisiatiewe wat gefokus is op klantediens: “Ek verkoop nie produkte nie, ek verkoop diens en naverkopediens.” En deur dit alles word die leuse, ‘dit wat saak maak', herontdek.