Senwes Scenario August / September 2019 | Page 22

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL 19 | Uitslagpersentasie vir beeste spysverteringsinhoud het, slag beter as Britse rasse uit. Daar kan tussen 1% en 2% beter uitslagpersentasie vir beeste wat 50% of meer Bos Indicus gene bevat, ver- wag word. Europese rasse slag ook tussen 1% en 3% beter as Britse rasse uit. Hierdie verskynsel kan aan die beter be­spiering van Eurpese rasse toegskryf word. Melk­ rasse slag ongeveer 1% laer as Britse vleisrasse uit. As die vet van melkrasse afgesny word, kan die uitslagpersentasie gemiddeld dieselfde as ander rasse wees. Melkrasse wat geneig is om nie goeie bespiering te vorm nie, slag gemiddeld 3% laer as vleisbeesrasse uit. Waar die verskille in uitslagpersentasie soms aan die fisiologiese ouderdom en dus vetheidsgraad toegeskryf kan word, is daar ook ander faktore soos die massa van die huid, kop voete en spysvertering- stelsel wat die verskille veroorsaak. Rasse soos die Hereford en Simentaller, wat geneig is om ’n swaarder huid, kop, voete en spysverteringstels te vorm, sal ’n laer uitslagpersentasie toon aangesien hierdie liggaamdele nie deel van die karkas is nie. Hierteenoor het die Angus en Limousine rasse ’n hoër uitslagpersentasie as gevolg van hierdie rasse se lae massa van ooreenstemmende liggaamsdele. LEWENDEMASSA EN VETHEIDSGRAAD Vetter diere het gewoonlik ’n beter uit- slagpersentasie as maer diere, eenvoudig omdat die meeste vet deel van die karkas is. Aangesien die groei van spierweefsel ’n hoër prioriteit as vetweefsel in die liggaam het, het vetter diere ook gewoonlik beter bespiering wat tot die beter uitslagpersen- tasie bydra. Die uitslagpersentasie verhoog soos die lewende massa van voerkraal- beeste verhoog. Sodra die voerkraalbees die afrondingmassa en -kondisie bereik, word meer vet as enige ander weefseltipe soos spier, been, huid, spysvertering en ander organe aangesit. Liggaamsvet word as kanaalvet, tussenspiersevet of mar- mering en as onderhuidse vet aangesit. Hierdie vet is deel van die karkas en ver- hoog die uitslagpersentasie. Om die korrekte en tydige bestuurs­ besluite te neem om die maksimum waarde vir die karkas van ’n bees te realiser, moet al die faktore wat die uitslag- persentasie van die bees beïnvloed, geken en in aanmerking geneem word. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] 20 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019