Senwes Scenario August / September 2019 | Page 21

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG vir beeste sal die tydsduur wat diere sonder voer sal wees en spanning by diere, tot die mini- mum beperk. Die tipe karkasmassa kan op ’n koue of warm basis gemeet word. Die koue massa is tussen 2% en 3% minder as die warm massa, wat ’n betekenisvolle verskil in kar- kasopbrengs kan beteken. ’n Karkas met nier- en kanaalvet ingesluit, kan gemiddeld 3% meer weeg, wat tot ’n 1,5% hoër uit- slagpersentasie aanleiding kan gee. Kneusings op die karkas wat afgesny moet word, sal ook tot ’n laer uitslag- persentasie aanleiding gee. SEISOENALE EFFEK EN WEERSOMSTANDIGHEDE Lewendemassaverlies is vinniger tydens die warm somermaande en kan die uit- slagpersentasie deur die jaar as gevolg van die seioenale effek, tussen 1.5% en 3% verskil. Die hoogste uitslagpersentasie word gedurende die warm somermaande ondervind. Dit is die periode waartydens voeromstandighede droog is en diere gewoonlik vir langer periodes gevoer is en wanneer die haarkleed van die diere die kortste is. Uitslagpersentasie begin tydens die herfs afneem wanneer die haarkleed ver- dig en meer massa dra. Enige weersom- standighede soos nat reënweer, sal die uitslagpersentasie verlaag, veral as die haarkleed dik is. In Suid-Afrika waar mees- tal Bos Indicus kruisings en aangepaste diere by warm weer geteel word, het hier­ die aspek nie so ’n groot invloed nie. GESLAG Verse met dieselfde vetheidsgraad as osse, het gewoonlik tussen 1,5% en 2,0% laer uitslagpersentasie. Verse is geneig om meer vet rondom die uier, rondom die interne organe en onderhuids as osse te dra. Die verskil in uitslagpersentasie verminder tussen verse en osse wanneer die verse vetter as die osse word. Aangesien verse vinniger fisiologiese volwassenheid as osse bereik, word hulle tussen 50 kg en 75 kg ligter bemark en het dus swakker spiermassa, wat ook tot die laer uitslag- persentasie bydra. Daar is altyd ’n risiko dat verse met slag dragtig is. Dragtige verse het laer uit- slagpersentasies as oop verse. Die daling in uitslagpersentasie in hierdie geval hou verband met die grootte van die fetus, die uterus en die embriotiese weefsel en vloeistof. ’n Hoë persentasie uitskotkoeie is gewoonlik dragtig. Soortgelyk verlaag dit die uitslagpersentasie en die effek is die grootste by koeie met ’n relatief lae lewende­massa. Met dieselfde lewendemassa het osse meer hart- en long asook abdominale en niervet as bulle. Dit kan verwag word dat osse ’n laer uitslagpersentasie as bulle met soortgelyke eksterne vetheidsgraad sal toon aangesien die vetverspreiding tussen osse en bulle van mekaar verskil. VOEDING Beeste wat op droë en veselryke voer gevoer is, verloor dermvul moeiliker as diere wat op graanrantsoen en/of groen- weiding gevoer is. Die hoeveelheid derm- vul is ook laer in laasgenoemde geval. Dit verklaar die tipiese 2% tot 4% hoër uitslag- persentasie van voerkraalbeeste. Die beter groei en dus spiermassa asook vetheids- graad van voerkraalbeeste dra ook hiertoe by. Waar diere se dermvul volledig geledig is op beide hierdie rantsoene, is die verskil in uitslagpersentasie slegs ongeveer 1%. Hier speel die tyd van voeding voor diere vir slag geweeg word, dus ’n betekenis- volle rol. Die aantal dae wat diere in die voer- kraal op hoë graanrantsoene spandeer, beïnvloed ook die uitslagpersentasie. Die ondervinding is dat diere wat ’n minimum van 60 dae in die voerkraal gevoer word, ten minste 2% laer uitslagpersentasie het as diere wat vir 90 dae gevoer is. Uitskotkoeie direk na speen het tipies ’n uitslagpersentasie van tussen 48% en 51%. Dieselfde koeie na 60 dae op ’n hoë graanrantsoen, slag tussen 53% en 55% uit. Hierdie verskil word aan die vetheids- graad van die gevoer­de koeie toegeskryf. BESPIERING Diere met swaarder en beter bespiering toon ’n beter uitslagpersentasie as diere wat swak bespiering het en waar alle ander faktore dieselfde is. Binne ’n ras kan vir beeste wat een telling beter bespiering op ’n skaal van 1 tot 5 toon, ’n beter uit- slagpersentasie van tussen 1% tot 1.5% verwag word. RAS Bos indicus tipe diere, wat ’n ligter SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 20 19