Senwes Scenario August / September 2019 | Page 19

Tema: Meganisasie AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG Senwes Equipment breek steeds nuwe grond Senwes Equipment streef daarna om vir ons klante uitnemende diens te lewer deur elke klant se besigheid deeglik te verstaan.  Deur Malan Joubert Senwes Equipment: Tegniese Spesialis M eganisasie heelwerktuie is seker een van die mees noodsaaklike aspekte van boerdery en ons weet dat landboutoerusting in die afgelope paar jaar van basiese implemente tot hoogs tegnologiese presisie- boerderyimplemente ontwikkel het. Die Senwes span kan help met die toerusting en die onderhoud daarvan. Powergard is ’n nuwe opsie wat beskikbaar gestel is vir u as klant. U kan letterlik ekstra versekering op u toerusting kry met die koop van nuwe toerusting. Dit stel u in staat om te beplan vir die toekoms van u masjien, dit sal u help wanneer toerusting onklaar raak en dit sal slegs ’n klein bybetaling verg indien u heelwerktuig se fabrieks­ waarborg reeds verval het. Praat met u heelwerktuigbemarker oor dié opsie met die aankoop van enige nuwe heelwerktuie. Senwes Equipment werkswinkels doen INSPEKSIES vir u as klant teen ’n randwaarde wat gestruktureer is om u sak te pas. Die inspeksies behels die nagaan van u totale heelwerktuig en ’n detail kwotasie sal voorsien word vir enige herstelwerk wat gedoen moet word. Die inspeksies word deur ’n gekwalifiseerde John Deere tegnikus gedoen en die gehalte van die inspeksies sal verseker staan­tyd en onklaar masjinerie gedurende die seisoen word tot ’n absolute minimum beperk. Senwes Equipment neem die klant se hand en stap met hom saam om ’n oplossing te bied wat sakpas en doeltreffend sal wees. Ons is betrokke by u voorbereiding sowel as u insette en is daar vir u in oestyd. Dis nou ’n goeie tyd om jou naaste werkswinkel te skakel om 'n inspeksie te gaan doen op die werksesels wat moontlik in die stoor staan en wag om te begin werk. Kontak ons vir enige navrae by 018 464 7796. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 17