Senwes Scenario August / September 2019 | Page 13

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG die sentrale leier is nie. In so ’n geval is die som van die sytakke groter as die sentrale leier. Groei sal in die sytakke ten koste van die sentrale leier plaasvind.  Die sentrale leier se boonste punt bevat ’n okselknop met ‘n verskeidenheid ogies. Die eenjaaroue groei van die sentrale leier behoort een derde weg- gesny te word, met die primêre ogie in die heersende windrigting. Alle ander primêre ogies onder daardie primêre ogie moet uitgevryf word.  Die dikte van die sytak moet by sy aan- hegtingspunt nie meer as twee derdes van die sentrale leier wees nie. Snoei van 4-jaar en ouer bome:  Hierdie ouderdom bome word gesnoei om boomvolume te verkry.  Alle sylote moet min of meer 20 cm terug­gesnoei word. Hierdie snit vermin- der die balans tussen die vegetatiewe volu­me en die wortelvolume. Dit stimuleer groei omdat die boom die balans wil herstel. Die terugknip van sylote is om te verhoed dat daar op elke syloot se punt, drie nuwe lote ontstaan. Dit word gedoen tot die boomvolume se spasie tussen mekaar opgeneem is.  Dit is nog steeds nodig om die sentrale leier se primêre ogies uit te vryf tot op ongeveer 5 m-hoogte. Die sukses hiervan is bepalend ten opsigte van ’n goeie raamwerk, goeie deurlug- ting asook volhoubare produksie van kwaliteit neute. Handsnoei op 10-jaar en ouer bome: Die doel hier is om vanaf sonsopgang tot sonsondergang meer son in die boom te kry en so min as moontlik op die grond. Indien produserende bome swak tydens die beginfase gevorm het, kan daar selek- tief takke uitgehaal word om sonlig te be­vorder. Dit kan met ’n maksimum van twee takke per boom per seisoen gedoen word. Bome is óf produktief óf vegetatief. Wan­neer daar te veel aan ’n produserende boom gesnoei word, sal die boom veran­ der na die vegetatiewe fase en minder produseer. Meganiese snoei op 10-jaar en ouer bome: By hierdie ouderdom begin die bome oor­vleuel en te min sonlig bereik die bin- nekant. Die bome word meganies aan die kante en soms ook bo-op gesnoei. Die doel van “hedging” is om bome te verklein en om die verspreiding van son- lig binne die bome te verbeter. Alhoewel meganiese heiningsnoei praktyk is, is daar geen standaard riglyne nie. Boomreaksie gaan be­paal word deur klimaat, kultivar en boordbestuur. Hou die volgende in gedagte:  Daar is baie dormante ogies binne-in die boom en indien daar te hard veg- etatief gesnoei word, sal die dormante ogies geaktiveer word. Met masjien­ snoei kan ’n blaardak geskep word wat sonpenetrasie tot by die kern van die boom verhoed. Dit sal opbrengs ver- laag.  Die top-snit van bome word as gevolg van apikale dominansie nie aanbeveel nie. Dit veroorsaak ’n groeistuwing wat die probleem vererger.  Meganiese heiningsnoei verminder die hoeveelheid drahout. In die “aan” jaar sal die produksie daal, maar neutkwali­ teit kan verhoog. Dit sal ook “af”-jaarop- brengs benadeel, maar mag die voor- koms van alternatiewe drag verminder.  Daar is produsente wat meganiese snoei opvolg met “wortelsnoei” om die balans in reserwes en impak op groei te balanseer. Voordat dit aangepak word, beplan en kry raad by produsente in jou area wat dit al gedoen het. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Petrus (076 219 3778) en Andre (082 561 7128). Skakels vir meer inligting oor die snoei en oplei van pekanneutbome: https://aces.nmsu.edu/pubs/_h/H605/wel- come.html (goeie sketse) http://www.pecannut.co.za/pruning/ https://nutgrowing.org/2018/03/13/pruning- nut-trees-production/ SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 11