LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Die snoei van
pekanneute
Senwes produsente plant pekanneute as hoof- sowel as alternatiewe gewas. Die lang
tydsverloop vanaf vestiging totdat pekanneute in produksie kom, het ’n groot impak op
die kapitaal beskikbaar en die opbrengs op belegging. Die finansiering van pekanneute is
uniek en Senwes het ’n finansieringsmodel in plek gestel om dié behoefte aan te spreek.
Deur Petrus van Staden,
Senwes Senior Grondkundige
André van Niekerk,
HUB en eienaar van Sandvet Pecans
Boet van Zyl
Senwes Senior Ekonoom
Frieda Marx
Grondkundige
D
ie grootste verlies met betrek-
king tot opbrengs op beleg-
ging vind plaas as gevolg
van bestuurstyl in die eerste
vier jaar na vestiging. Dit word verder
benadeel deurdat pryse net soos enige
ander kommoditeit, aan die prysbepalen-
de vraag- en aanbodsiklus blootgestel is.
Pekanneutprodusente het dus verskeie
uitdagings in terme van bemarking,
finansiering, dienslewering, kundigheid
en navorsing. Met hierdie inisiatief word
10
beoog om in samewerking met kundiges
in die bedryf, gereeld seisoenverwante
artikels te plaas.
SNOEI
Die doel van snoei is om vanaf vestiging,
bome te manipuleer sodat daar binne
3-4 seisoene ’n sterk raamwerk gevorm
het, en tweedens om groei en grootte te
beheer. Vir ’n volhoubare leeftyd van 100+
jaar, is die ideale boomvorm ’n sterk sen-
trale leier met sytakke op ’n 60-90 grade
aanhegtingshoek.
Wintersnoei van een- tot driejarige
bome:
Vanaf Julie kan rustende bome gesnoei
word om lig binne die boom te verhoog
en om die boom se raam te vorm. Enkele
beginsels om in gedagte te hou:
By elke ogie-inisiasie op die sentrale
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019
leier is daar drie of meer ogies waaruit
die sytak ontspring.
• Primêre ogies vorm ’n aanhegtings-
hoek van 30-60 grade. Sytakke wat
ontwikkel uit primêre ogies het ’n hoë
risiko om af te skeur weens swak
hegting op die sentrale leier. Primêre
ogies behoort uitgevryf te word.
• Sekondêre ogies het ’n 60-90 grade
aanhegtingshoek teenoor die sentrale
leier en is die gewenste ogie vir die
vorming van sytakke.
• Die tersiêre ogie is nie geskik vir ’n
sytak nie en sal net ontwikkel indien
die primêre ogie seergekry het. Die
sytak wat uit hierdie ogie ontstaan, is
geneig om afwaarts te groei en het ’n
hoë risiko om te breek.
Sorg dat by sytakinisiasie, nie meer as
drie sytakke binne 20 cm uitmekaar op