Senwes Scenario August / September 2019 | Page 10

NUUS| NEWS Produsente ervaar die nuutste tegnologie op STROPERDAE Die John Deere S780 Stroper tydens die tweede Stroperdag in Vereeniging. Produsente is in die laaste paar maande uitgeboul met John Deere se nuutste stroper wat nou in die Suidelike Halfrond op die mark is en tegnologie na die volgende vlak neem. Die Senwes Equipment Stroper- en Tegnologiedae het gesorg vir ’n geïntegreerde en innoverende ervaring vir produsente.  Deur Julian Soutter Senwes Gegradueerde D ie S780 is op ’n toer deur Suid- Afrika geneem om produsente te wys hoe om met dié nuwe stroper, wat nou boonop toegerus is met spore, meer uit hul oes te kry in minder tyd. Die stroper beskik oor die nuutste teg- nologie en maak boerdery selfs makliker. Met die spore is die S780 stroper ten volle outomaties, wat die operateur die vryheid bied om alle data na te gaan terwyl hy oes. Die JD Link laat die produsent toe om die funksionering van die S780 vanuit die gerief van sy/haar huis te moni­tor en aan- passings kan gemaak word sonder om self in die stroper te wees. Produsente kon die nuwe masjien vir ’n toetsrit neem tydens die Senwes Equipment Stroper- en Tegnologiedae en eerstehands ervaar hoe die nuutste stroper­tegnologie in hul lande sal doen. Die Senwes Equipment Stroper- en Tegnologiedae het ’n reeks van vier inlig- tingstegnologiedae behels. Kontak jou naaste Senwes Equipment heelwerktuigbemarker vir meer inligting. Die S780 Stroper tydens die eerste Stroperdag in Rysmierbult. Die S780 Stroper op 4 Julie 2019 naby Viljoenskroon in aksie. 8 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019