Senwes Scenario August / September 2019 | Page 36

NUUS | NEWS Johan Kunz “Jou naam is jou handelsmerk”  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur O ntmoet Johan Kunz, Hoof van Gestruktureerde Finansiering by Senwes Credit. Johan is vanaf 1 Mei 2018 in hierdie nuwe pos aangestel, nadat die verskaf- fing van gestruktureerde finansierings­ oplossings vir Senwes se kliënte as ’n strategiese toevoeging tot die bestaande reeks van Senwes Credit se oplossings geïdentifiseer is. Johan vorm deel van die Senwes Credit bestuurspan, onder leiding van Pieter Swart. Die ander lede van die Senwes Credit bestuurspan is Francois de Kock, Herman Harmzen, Julias Ramohlabi en Johan Jacobs. Die verskaffing van gestruktureerde finansieringsoplossings vorm integraal deel van die benadering om vir die kliënt ’n oplossing te bied, eerder as net ’n produk. Kunz was voorheen senior korpora­ tiewe finansies adviseur in die Bestuurs­ adviesdienstespan van dr Johan Le Grange, Groephoof van Korporatiewe Finansies. Hy is al 16 jaar by Senwes werksaam, sedert hy op 1 Desember 2002 by Bestuursadviesdienste begin werk het en tot en met 2010 na die posisie van senior besigheidsanalis gevorder het. Hy het in 2010 diens onderbreek en vir ongeveer ’n jaar by NWK as bestuurder besigheidsontwikkeling gewerk, maar in Augustus 2011 keer hy terug na Senwes as bestuurder projekte, waar hy tot en met 30 April 2018 in die pos gedien het. Hy is later tot senior korporatiewe adviseur bevorder. Tydens sy loopbaan in korpo- ratiewe finansies en besigheidsontwik- keling, kon hy baie kennis opbou van landbou in die breë en hoe die landbou­ legkaart inmekaar steek tot voordeel van al die belanghebbendes in die landbou waardeketting. 34 DIE GESTRUKTUREERDE FINANSIERINGSPLATFORM Sy pligte tans rus op twee pilare, wat saam ’n oplossinggedrewe platform ondersteun. Die kruks van sy pligte behels eerstens die ontwikkeling van pasgemaakte finansieringsoplossings (“fit for purpose”) vir die produsent. In breër terme beteken dit om ’n finansierings­ oplossing te bied vir die kliënt met unieke kontantvloeibehoeftes – ’n oplossing wat uniek is tot die kliënt se behoeftes. Die tweede pilaar waarop hierdie plat- form staan, is dié van ontwikkeling van finansieringstrukture vir SEB-transaksies. Die doel hiervan is om ’n vennootskap te ondersteun tussen die kommersiële boer en die opkomende boer tot die langtermyn­­voordeel van albei partye. RAAKPUNTE MET VORIGE POSISIE In sy nuwe posisie kan hy steun op die kennis wat hy opgedoen het tydens sy loopbaan in korporatiewe finansies. ’n Boerdery is ’n besigheid en baie boerde­ rye is in wese groot korporatiewe onder- nemings. Die beginsels van korporatiewe finansies kan dus toegepas word in die verstaan van hierdie ondernemings en in die ontwikkeling van oplossings vir die kliënt. Die raakpunte tussen sy vorige posisies en sy huidige pligte, help hom dus in die uitvoering van sy pligte in sy nuwe rol. ’N LOOPBAAN IN LANDBOU Hy is sy hele loopbaan al in landbou en aanverwante bedrywe. Hy het sy loopbaan in 1994 by die destydse OTK (nou AFGRI) begin as assistent bestuurs­ rekenmeester en het ook poste in die maalbedryf beklee, eers as rekenmeester van die maaldivisie by die destydse OTK, en daarna bestuurder finansies by Pride Milling, voordat hy sy loopbaan by SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 Senwes voortgesit het. Hy het ’n BCom-graad in Ekonomie, Geld en Bankwese, wat hy in 1992 by NWU verwerf het. Verder het hy ook ’n Mergers and Acquisitions Program in 2013 by die London Business School voltooi en in 2015 Gibbs se Global Executive Development Programme. ANDER PASSIES Hy is al vir 24 jaar baie gelukkig met Louise getroud en op 1 April 2020 vier hulle hul 25ste huweliksherdenking. Louise is sy “veilige hawe” en steunpilaar. Hulle het nie kinders nie, maar het wel twee bedorwe Jack Russells. Hy is ’n baie ywerige fietsryer en geniet veral bergfiets- ry. “Ek glo daarin dat mens beide liggaam en gees gesond moet hou. Oefen is deel van my wese en daaglikse roetine.” Daarbenenwes het hy ’n stoute belang- stelling in horlosies. “Ek het ’n oog vir ’n mooi horlosie. Daar is iets aan die werking van horlosies wat my net eenvoudig “laat tick” – dit is moeilik om te verduidelik.” Sy versameling strek van “cheapies” tot hor- losies wat “limited editions” is en wat met baie moeite opgespoor is. SLOT In sy nuwe pos is hy steeds by hoofkan- toor in Klerksdorp werksaam, maar is nou baie meer klantgerig in die uitvoering van sy pligte. Hy werk baie nou saam met die bestuurders agrifinansiering. In Senwes Credit terme is Johan die “produkeienaar” en die bestuurders agrifinansiering is die “kliënteverhoudingseienaars”. Hy is ’n berekende mens wat baie nadink, innoverend dink en daarbene- wens het hy ’n passie vir Senwes en sy klante en ondersteun ten volle die siening om eerder ’n oplossing as ’n produk te lewer. Hy is baie gesteld op integriteit – “jou naam is jou handelsmerk en jy het net een daarvan”.