Senwes Scenario August / September 2019 | Page 24

NUUS| NEWS ‘n NUWE HARTKLOP verrys uit die as in Hartswater ’n Splinternuwe handelstak het amptelik op Woensdag, 24 Julie 2019, sy deure vir die publiek in die Noord-Kaapse dorpie Hartswater geopen, en dit het met ’n egte boere- atmosfeer gepaard gegaan.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D NUWE TAK LAAT HARTSWATER JUIG ie Hinterlandtak in Hartswater is weer springlewen­dig na die amptelike opening. Die tak op die hoek van DF Malan- en Phokwanistraat is deur Hinterland Besturende Direkteur, Daan Bronkhorst en Hartswater Takbestuurder, Johan Zietsman geopen met ’n lintknipseremo- nie waarmee die nuwe tuiste aan klante, verskaffers asook lede van die publiek bekend gestel is. 2 APRIL 2017 Hierdie verhaal begin egter al op Sondag­ aand, 2 April 2017, so skuins na 18:15 met Zietsman wat ’n oproep van die sekuriteitsmaatskappy ontvang dat ’n hele ry alarms afgegaan het. Hy het dadelik geweet iets groot is fout en binne twee minute was hy by die tak, deur oopgeruk met die rook klaar dik, afgekruip om die hoofskakelaar af te skakel en met sy uit- Hinterland Besturende Direkteur, Daan Bronkhorst en Hartswater Takbestuurder, Johan Zietsman het die amptelike lintknipseremonie waargeneem. 22 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 koms was daar brandweerwaens en hulp van die gemeenskap. Binne ’n uur het die vlamme reeds 100 voet hoog gestaan en die vlamme kon eers om 23:00 onder beheer gebring word. GLANSRYKE OPENING Op die ritme van sanger Ricus Nel se liedjies is die amptelike opening in die nuwe stoor gevier. Sy treffers het die beken­de Hardekole ingesluit met die woorde, die geknetter van die hout, wat van die mense terug laat dink het aan die brand. Maar hulle is nou terug by hulle hart se plek en manne, was dit nou ’n voorreg om ’n hardekool met die manne te deel. Maar hierdie was vlamme en trane van blydskap na die tragedie. Die opening was geskoei op die idee om ’n tipiese plaasatmosfeer te skep, baie soos dié van die ou skuurdansaande op die dorp. En met ’n plaaslike spitman, 24