Senwes Scenario August / September 2019 | Page 12

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Die snoei van pekanneute Senwes produsente plant pekanneute as hoof- sowel as alternatiewe gewas. Die lang tydsverloop vanaf vestiging totdat pekanneute in produksie kom, het ’n groot impak op die kapitaal beskikbaar en die opbrengs op belegging. Die finansiering van pekanneute is uniek en Senwes het ’n finansieringsmodel in plek gestel om dié behoefte aan te spreek.  Deur Petrus van Staden, Senwes Senior Grondkundige André van Niekerk, HUB en eienaar van Sandvet Pecans Boet van Zyl Senwes Senior Ekonoom Frieda Marx Grondkundige D ie grootste verlies met betrek- king tot opbrengs op beleg- ging vind plaas as gevolg van be­stuurstyl in die eerste vier jaar na vestiging. Dit word verder benadeel deurdat pryse net soos enige ander kommoditeit, aan die prysbepalen- de vraag- en aanbodsiklus blootgestel is. Pekanneutprodusente het dus verskeie uitdagings in terme van bemarking, finansie­ring, dienslewering, kundigheid en navor­sing. Met hierdie inisiatief word 10 beoog om in samewerking met kundiges in die bedryf, gereeld seisoenverwante artikels te plaas. SNOEI Die doel van snoei is om vanaf vestiging, bome te manipuleer sodat daar binne 3-4 seisoene ’n sterk raamwerk gevorm het, en tweedens om groei en grootte te beheer. Vir ’n volhoubare leeftyd van 100+ jaar, is die ideale boomvorm ’n sterk sen- trale leier met sytakke op ’n 60-90 grade aanhegtings­hoek. Wintersnoei van een- tot driejarige bome: Vanaf Julie kan rustende bome gesnoei word om lig binne die boom te verhoog en om die boom se raam te vorm. Enkele beginsels om in gedagte te hou:  By elke ogie-inisiasie op die sentrale SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 leier is daar drie of meer ogies waaruit die sytak ontspring. • Primêre ogies vorm ’n aanhegtings-­ hoek van 30-60 grade. Sytakke wat ontwikkel uit primêre ogies het ’n hoë risiko om af te skeur weens swak hegting op die sentrale leier. Primêre ogies behoort uitgevryf te word. • Sekondêre ogies het ’n 60-90 grade aanhegtingshoek teenoor die sentrale leier en is die gewenste ogie vir die vorming van sytakke. • Die tersiêre ogie is nie geskik vir ’n sytak nie en sal net ontwikkel indien die primêre ogie seergekry het. Die sytak wat uit hierdie ogie ontstaan, is geneig om afwaarts te groei en het ’n hoë risiko om te breek.  Sorg dat by sytakinisiasie, nie meer as drie sytakke binne 20 cm uitmekaar op