PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS
Marscha en haar man Edzard Biermann.
Edzard Biermann
Nie jou gewone B(ie)rman
Jy mag dalk dink dat Senwes produsent Edzard Biermann net ’n gewone buurman is,
maar jy sal verkeerd wees. Jy kan dalk dink dat hy gars produseer en dus dalk ietwat van
’n buurman kan wees, maar altemit.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur VAN ELEKTRISITEIT TOT GEVESTIGDE
BOER IN 13 JAAR
aar Edzard Biermann is met
sy Duitse bloed en ’n ietwat
Skandinawiese naam, ’n
Suid-Afrikaanse boer in murg
en been. Edzard se naam beteken die
een wat sterk afgerond is of ’n sterk raam-
werk het. En dit is verseker so. Hierdie boer het in 2006 elektriese inge-
nieurswese na 13 jaar vaarwel toegeroep
en vuur en vlam begin boer. Maar hy het
absoluut niks gehad nie en moes grond in
die hande kry: “Laat ek jou vertel, grond
is nie jou maat as jy niks geërf het nie,”
vertel die boer. Hy noem dat die meeste
ander boere gewoonlik derde- of vier-
M
32
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
degenerasieboere is, selfs meer. In sy
eerste seisoen het hy slegs op 10 hektaar
geplant en het nogal gegroei in die laaste
13 jaar tot nou. Hy onthou daardie dae al
te goed, “Ek het basies net ’n Volkswagen
Jetta gehad en daarmee geboer.”
VLAKSPRUIT HET HOM GEBOU
Soos jy links indraai by die plaas
Vlakspruit van Edzard en sy vrou
Marscha, sien jy dadelik dat hy onder