LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Tema:
Oestyd
Wenke vir
Herfs en Vroeë Winter
Die laat reëns dié seisoen, met gepaardgaande laat aanplantings, gaan ʼn laat oes tot
gevolg hê. Die eerste ryp, wat gewoonlik vanaf 5 April begin voorkom, kon reeds plek-
plek voorgekom het.
Deur Petrus van Staden
Senwes Senior Agronoom en
Boet van Zyl
Senwes Senior Landboukundige
Ekonoom
D
KORING
ie reën vir someraanplan
tings het relatief laat gekom
en sekere distrikte kon nie
somergewasse plant nie. Die
goeie reënneerslae wat redelik wydver-
spreid vanaf middel Januarie voorgekom
het, het die grondwater in sommige dele
sodanig verbeter dat die grondprofiel vol
water is. Al hierdie faktore maak dat pro-
dusente weer deur ‘n ander bril na koring
kyk vir die winter.
Indien eie saad vir koringaanplantings
teruggehou word, is dit belangrik om
ekstra aandag te gee aan faktore wat ‘n
goeie stand verseker. Die saad moet gesif
word, gevolg deur ‘n swamdoder saad-
behandeling. Neem die voorafgaande
bewerking en bestuursprogram met na-
werkingperiodes in ag. Die plantertegno-
logie moet optimaal wees.
DEKGEWASSE
Indien dit moontlik was om laat mielies of
sonneblom te plant, behoort die normale
hoeveelheid plantreste as beskerming
teen winderosie beskikbaar te wees.
10
Indien nie, sal die aanplant van koring
vir kontant- en/of dekgewasse vir voer en
winderosie, sterk aanbeveel word. Die
tegnologie beskikbaar het ‘n hele reeks
van gewasse, kultivars en mengsels
beskikbaar wat vir ʼn spesifieke doel
aangewend kan word byvoorbeeld:
• Om waaiskade te keer – kies ‘n kultivar
wat vinnig- en regopgroeiend is. Dit
behoort op ongeveer 50 cm hoogte
doodgespuit te word.
• As bron van wintervoeding vir bees of
skaap. Met korrekte bestuur kan ge-
noeg materiaal gelaat word om waai-
skade te keer.
• In 'n rotasiestelsel kan dit baie goed
by bewaringsboerdery inskakel. Die
langtermynvoordele op grondgesond-
heid behoort benut te word. Dit het ‘n
regeneratiewe gevolg in die grond wat
fisiologiese stremming as gevolg van
klimaatswisseling potensieel kan buf-
fer.
VEE
Die relatiewe laat reën kan tot gevolg hê
dat selfs sommige ekstensiewe veeboere
‘n moeilike winter op hande het, en moet
op die volgende gelet word.
• Voorsien ‘n goeie proteïenlek sodra die
eerste ryp voorkom.
• Waterkrippe moet altyd skoon wees,
veral waar oesreste benut word. Die
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
graan in die water veroorsaak ‘n gis-
tingsproses wat die water onsmaaklik
maak.
• Indien winterweiding volumegewys
‘n probleem is, raak betyds ontslae
van ou en surplus vee. ‘n Paar rand
minder nou is meer werd as ‘n vel in
September/Oktober. Kry kontantvloei
reg en sorg vir die kernkudde.
• Verkoop al die jong groeiende diere
indien daar alreeds ʼn voerprobleem
is en geen voerreserwes vir die winter
bestaan nie.
• Indien oesreste bewei word, gebruik
die stiller tyd om die omheinings en
watervoorsieningspunte op te knap.
VIR DIE MIELIEBOER MET
’N VEEVERTAKKING:
Die seisoen is gekenmerk deur laat
aanplantings en die voorkoms van hael.
Mielies wat hetsy deur hael of eerste ryp
beskadig is voordat dit fisiologies volwas-
senheid bereik het, kan benut word deur
dit te sny vir kuilvoer of as weimielies. Die
voorskrif vir die hantering en benutting
van sulke plantmateriaal, behoort in ag
geneem te word vir sukses.
Indien dit nie in 'n eie veevertakking
benut kan word nie, kan dit verhandel
word.