JAG | HUNTING
Gister se oomblik
Net soos die winter al nader kruip, kruip die volgende jagseisoen al nader. Net so opge-
wonde soos laas jaar voor die jagseisoen, kan ons die jaar ook nie meer wag dat die
eerste koue moet kom nie. Want ons wil weer, net soos laas jaar, veld toe! Moontlik is
die jaar se jag op presies dieselfde plaas as die vorige paar jaar, of dalk op heeltemal ’n
ander plek. Maar sodra die winter aanbreek, wil ons in die jagveld wees.
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Jagkenner
V
ir nuwe jagters is die winter se
opgewondenheid te danke aan
die onbekende. Wat alles in die
jagveld plaasvind, het hulle nog
nie ervaar nie. Tyd in die veld deurbring
en wat die veld gaan oplewer is iets wat
hulle nog net van gehoor en gelees het.
Hierdie onbekende ervaring, wat deur
54
baie vertel is, maar nog nie ervaar is nie,
maak die nuwe jagters opgewonde. Hulle
wil ook daardie oomblik ervaar waavan
hulle vertel word.
In 1992 het ek vir die eerste keer ook die
onbekende gaan ervaar. Tussen Hotazel
en McCarthysrus in die Noord-Kaap
ervaar ek vir die eerste keer 'n regte jag.
As 'n jong skolier was die naweek vir
my een groot klaskamer. Die tyd in die
veld was vir my 'n eerste ervaring van
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
baie onbekendes. Wanneer ek vandag
terugdink aan my groot klaskamer van
1992, besef ek dat dit die begin was van
meeste onvergeetlike oomblikke in my
lewe. Oomblikke wat ons jaar na jaar weer
terugvat veld toe, op soek na nuwe en
beter oomblikke.
In die veld het ons al baie oomblikke
gehad wat ons vir altyd wil onthou en
weer wil ervaar. Sekere ervarings en
oomblikke bly vir ewig by jou. Soos die