Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 71

MARKTE Die NOK het in hul Februarie somer­ oesskatting die plaaslike mielie-oes op 10.51 m ton geskat. Indien daar enige van die risikofaktore (koue, ryp, droë weer) realiseer, kan die plaaslike oes kleiner raak. Indien daar op die 10,51 m ton oes gewerk word, word geen verdere invoere van mielies benodig nie. Pryse gaan egter sodanig hoog moet bly om verbruik ietwat in te perk, om te verseker dat daar ge­ noeg oordragvoorraad is om aan pyplyn- behoeftes te voldoen. Sou die oes egter kleiner as 10,5 m ton realiseer, gaan invoere van geelmielies wel moet gebeur. Die eerste punt waar geelmielies ingevoer word, is in die Wes- Kaap, daarna Port Elizabeth en laastens deur Durban hawe na Pietermaritzburg. Die behoefte vir elkeen van hierdie punte word in die Kaart 2 langsaan aangedui. Dit is dus duidelik uit kaart 2 dat, indien 'n kleiner oes sou realiseer, daar eers teen Wes-Kaap geelmielie-invoer- pariteit verhandel sal word, waarna pryse stelsematig na Pietermaritzburg geelmie­ lie-invoerpariteit sal beweeg. Vir ’n opda­ tering in die pariteitspryse, kan daar na Senwes se daaglikse markverslag verwys word. OPSOMMEND Die plaaslike mark is hierdie seisoen weereens daar waar die fokus op die ontwikkeling en prestasie van die plaas- Kaart 2 like oes is. Indien die oes kleiner realiseer as wat met die skryf van die artikel die verwagting is, gaan invoere benodig word en pryse gaan rondom invoerpariteit bly verhandel. Dit is belangrik vir ‘n produsent om te weet wat sy eie produksieverwag- ting is en dienooreenkomstig die mark te gebruik om sy risiko te verskans, soos wat geleenthede opduik. Skakel gerus u Senwes verteenwoordiger of die span by Senwes Graanmakelaars, om u hiermee by te staan. SENWES SCENARIO | HERFS 2019 69