Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 69

NUUS Die projek was nie sonder uitdagings nie. Volgens Senwes se skakelbeampte in die Regsafdeling, Mandla Zwane, wat die koördineerder van die projek is, het die uitsonderlike hoë temperature en droë toestande meegebring dat boorgate gesink moes word om voldoende watervoorsiening vir die kool te verseker. Lede van die skool se beheerraad het ook 'n integrale deel van die proses geword en almal het gehelp waar hulle kon. Die kinders van Itokisetseng sal die uiteindelike begunstigdes van die projek wees, maar die langtermynplan is om genoeg groente te produseer om aan plaaslike markte te verkoop en sodoende fondse vir die skool te genereer en om van die produk te gebruik vir die skool se voedingskema. Thobo Trust hoop om ook die skool se vroeë kinderontwikkelingsentrum in 2019 uit te brei. Die trust se langtermynstrategie is om dié model by ander skole in die gebied te dupliseer. Die mans wat gewerk het om die tuin van die grond af te kry, hier gesien met 'n lid van die skoolbeheerliggaam. Leerders luister aandagtig na die raadslid Thabo van Zyl. SENWES SCENARIO | HERFS 2019 67