GRAANMAKELAARS
Tabel 1: El Niño en La Niña jare klassifisering
La Niña
El Niño
Weak
(0.5 to 1°C)
1952-1953
1953-1954
1958-1959
1969-1970
1976-1977
1977-1978
1979-1980
2004-2005
Moderate
(1 to 1.5°C)
1951-1952
1963-1964
1968-1969
1986-1987
1994-1995
2002-2003
Strong
Very Strong
Weak
Moderate
(1.5 to 2°C)
(>2°C)
(-0.5 to -1°C) (-1 to -1.5°C)
1957-1958
1965-1966
1972-1973
1987-1988
1982-1983
1954-1955
1997-1998
1964-1965
2015-2016
1971-1972
1974-1975
1991-1992
1983-1984
1955-1956
1973-1974
1970-1971
1975-1976
1995-1996
1988-1989
2011-2012
1998-1999
1999-2000
1984-1985
2009-2010
2007-2008
2000-2001
2005-2006
2014-2015
2008-2009
2016-2017
Strong
(<-1.5°C)
2010-2011
`
2017-2018
Bron: GG Weather
Kumulatiewe reenval vir die verskillende sterk El-Nino jare sedert 1950 in die Westelike gebiede
800
700
600
500
400
300
200
100
0
Jul
Aug
Sep
Oct
Nov
Dec
Jan
Feb
Mar
Apr
May
Jun
Maande
1957/58
1965/66
1972/73
1987/88
1991/92
1982/83
1997/98
2015/16
Gemiddeld Sterk El Nino seisoene
Gemiddeld alle seisoene
Figuur 2: Kumulatiewe reënval vir die verskillende sterk El Niño jare sedert 1950 vir die
westelike produksiegebied.
Bron: Thys Grobbelaar
deel volgens die tipe seisoen wat ervaar
is, soos opgesom in Tabel 1.
Indien daar oor die lang termyn gekyk
word na El Niño en La Niña verskynsels,
word die werklike impak daarvan op
opbrengsverwagting duidelik. Die afwy-
king van die 5-jaar rollende gemiddelde
opbrengs was in Figuur 2 van die artikel
in die vorige uitgawe vervat. Visueel word
dit duidelik dat nie alle El Niño jare in die
verband noodwendig gekoppel kan word
aan onder-gemiddelde opbrengs nie,
maar wel dat die jare wat die grootste
onder-gemiddelde opbrengsafwyking
getoon het, die sterk tot baie sterk El Niño
jare was. Die afwyking tydens sterk en
baie sterk El Niño jare was gemiddeld
sowat 30% laer as die 5-jaar rollende
gemiddelde opbrengs. Die enigste uitson-
dering waar ‘n seisoen wat nie ‘n El Niño
seisoen was nie, ‘n groot onder-gemiddel-
de afwyking getoon het, was die 1983/84
produksieseisoen toe die tropiese storm
Domoina vloede oor die oostelike pro-
duksiegebied veroorsaak het en vog oor
die sentrale en westelike produksiegebied
uitgetrek het. Die oostelike produksiege-
bied het effektief versuip terwyl die weste
verdroog het in ‘n jaar wat geklassifiseer
was as ‘n swak La Niña jaar. Daar is wel
nie hierdie seisoen werklike tropiese
sikloonaktiwiteit nie, maar die impak van
‘n sterk tot baie sterk El Niño is beslis
groot op die opbrengspotensiaal van die
sentrale en westelike produksiegebied.
Dit blyk ook dat die negatiewe impak op
opbrengs vir die weste met tyd al hoe
groter geword het.
Die onder-gemiddelde opbrengsaf-
wyking vir die westelike produksiegebied
tydens sterk El Niño jare kan verder tot
‘n groot mate gekoppel word aan die
onder-gemiddelde reënval wat realiseer
tydens hierdie seisoene. Figuur 3 tref die
vergelyking en die uitsonderings is duide-
lik weer teenwoordig in die vorm van die
1957/58 en 1987/88 produksiejare, maar
reënval is oor die algemeen onder-gemid
deld tydens hierdie seisoene. Dit moet
egter wel uitgelig word dat dit belangrik
is om die beskikbare grondvog in ag te
neem wanneer ‘n El Niño seisoen bin-
negegaan word. Indien die voorafgaande
seisoen goeie bo-gemiddelde reënval
opgelewer het, behoort die impak van
onder-gemiddelde reënval op opbrengs
tydens ‘n El Niño seisoen kleiner te wees.
Om saam te vat: die 2018/19 voor-
seisoen kumulatiewe reënval was laer
as die gemiddeld, wat verskil van die
geskiedkundige realisasie tydens swak
El Niño seisoene. Reënval het egter wel
toegeneem tydens Februarie 2019, maar
die risiko bestaan dat die seisoen steeds
die onder-gemiddelde reënval tydens
die midsomertydperk vir swak El Niño
seisoene kan realiseer. Hierdie artikel het
egter die impak van ‘n sterk tot baie sterk
El Niño seisoen op reënval en produksie
uitgelig. Die inligting hierin vervat is ge-
baseer op werklike historiese realisasie
van weerverskynsels en getoetste modelle
oor tyd. Dit is duidelik dat die waarskyn
likheid van onder-gemiddelde reënval
en opbrengs tydens hierdie seisoene
baie groter is as die norm. Dit het ook
na afloop van die meer onlangse El Niño
gebeurtenisse duidelik geword dat die
negatiewe impak op opbrengs groter is vir
die westelike produksiegebied. Seisoene
bly nietemin uniek en die ontwikkeling
van die bestaande seisoen is geen uit-
sondering nie. Elke produsent sal dus sy
eie risiko moet bepaal en seker maak dat
beskikbare grondvog voldoende is voor ʼn
aanplantingsbesluit geneem word.
SENWES SCENARIO | HERFS 2019
65