Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 66

GRAANMAKELAARS El Niño-jare Wat het gebeur in die verlede? Hierdie artikel is die derde in ’n reeks waar daar gekyk word na die agtergrond, ontstaan en ontwikkeling van ENSO (El Niño Southern Oscillation) gebeurtenisse. Die vorige uitgawe het gekyk na die spesifieke klassifikasie van ENSO in die vorm van ’n swak El Niño gebeurtenis.  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars E en van die bevindinge in die vorige artikel was dat die ges- kiedenis wys dat reënval tydens swak El Niño jare selfs bo-gem- iddeld kan wees tydens die plantvenster vanaf September tot Desember, maar daarna verander dit na onder-gemid­delde kumulatiewe reënval vanaf Januarie tot Maart tydens die tradisionele midsom- erdroogtetydperk. Reënval tot einde Februarie het egter net weer die uniekheid van elke produksieseisoen bevestig. Figuur 1 wys tans effektief die teenoor- gestelde tendens in reënval tot einde Februarie 2019 met onder-ge- middelde reën wat gerealiseer het tydens die voorseisoen. Hierdie realisasie kan egter wel beteken dat die intensiteit van die bestaande swak El Niño verskynsel groter is as wat aanvanklik verwag is. Dit sal dus sinvol wees om in hierdie uitgawe spesifiek te kyk na die historiese impak van ‘n sterker El Niño seisoen op reënval en gepaardgaande opbrengs. ʼn Sterk tot baie sterk El Niño gebeur- 64 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Figuur 1: 'n Vergelyking tussen die 2017/18 en 2018/19, asook die langtermynreënval vir die Senwes-gebied. Bron: Thys Grobbelaar tenis word geïdentifiseer wanneer see- oppervlaktemperature bo-normaal warm is, maar spesifiek bo ‘n sekere grade Celsius band. See-oppervlaktemperature word as ʼn norm uitgedruk deur middel van maandelikse Oceanic Niño Indeks (ONI)-waardes. Elke maandelikse ONI- waarde is die 3-maande gemiddeld van die see-oppervlaktemperatuur in die Niño 3.4 gebied. Hierdie klassifikasie is oor tyd onderverdeel om die verwagte intensiteit van ʼn El Niño of La Niña verskynsel aan te dui. Die verdeling word gemaak in 0.5° Celsius intervalle en ‘n sterk tot baie sterk El Niño word toegeken as see-opper- vlaktemperature 1.5° Celsius warmer as normaal is. Hierdie klassifikasie maak dit moontlik om vorige seisoene beter in te