Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 61

NUUS TOER VERANDER LEERDERS SE PERSPEKTIEF OOR DIE LANDBOUBEDRYF  Deur Senwes Scenario Span Curro Hoërskool in Klerksdorp besoek die grootste silo in die Suidelike Halfrond Die landbousektor is in die verlede deur skoliere vermy en gekategoriseer as een van die minder belangrike loopbane om te oorweeg. Maar dit gaan binnekort verander! Die Curro Klerksdorp Hoërskool se graad 10 en 11 verbruikerstudiegroep het Wesselsbron Silo besoek, wat die grootste silo in die Suidelike Halfrond is. Projekbestuurder by die silo, Lodrick Barnard, het afgeskop met 'n verstommende feit: “Hierdie silo kan tot 280 000 ton graan opberg”. Hy het hulle alles vertel van graanopberging, vanaf die skoonmaak en aflaai van graan, waarvan sowat 7 000 ton per dag ingeneem word, tot die graderingsproses, insekte wat die graan affekteer en gifstowwe wat hulle vernietig. Die groep het ook die Greenpak verwerkingsaanleg besoek, waar wortels skoongemaak, gegradeer en verpak word vir verspreiding aan alle Woolworths Foods-takke. Die fasiliteit is 30 kilometer vanaf die Greenpak plaas in Bothaville geleë, en word besit deur Senwes direkteur Nico Liebenberg - die totale 600 hektaar grond word gebruik vir die plant van wortels, pampoene en botterskorsies. Die departementshoof van Verbruikerstudies by Curro High School, Karen Kade, het gesê: “Dit is belangrik vir jong leerders om belang te stel in boerdery, aangesien dit die middelpunt is van waar ons voedsel geproduseer word”. Fabrieksbestuurder, Elize du Preez, het aangedui dat Greenpak die alleenverspreider van wortels aan alle Woolworths takke in Suid-Afrka is. Dit was duidelik dat die landbousektor baie meer as net boerdery is - dit gaan daaroor om die ekonomie te laat groei, om voedsel aan die wêreld te verskaf en die grond waarin ons voedsel groei, te bewaar. Selfs besigheidslui se perspektiewe word verander Die Wesselsbron silo en die Hinterlandtak op die dorp het onlangs ook gasheer gespeel vir ‘n geselskap van Nedbank. Senior silobestuurder, Lodrick Barnard het die geselskap op ‘n interessante toer deur die silokompleks geneem en is bygestaan deur silobestuurder Johan Rheeder. Een besoeker, Salim Kadoo, was verstom oor wat alles agter die skerms gebeur rakende graanhantering by ‘n silo. “Dit was my heel eerste keer wat ek ‘n silo besoek het. Van buite sien jy net die buise en weet stadsjapies soos ek nie van die infrastruktuur binne nie.” Barnard het genoem dat hierdie besoekers, en veral buitelandse besoekers, baie beïndruk is met die silokompleks, met Rheeder wat beaam het dat besoeke ten doel het om die werksaamhede en die interessanthede aan hulle oor te dra - soos dat die heel eerste deel van die Wesselsbron silo reeds 53 jaar gelede in 1966 geopen is. Hinterland takbestuurder, Johnny Bezuidenhout het die groep ook ingelig rakende die tak en landboubesigheid op die dorp. Hierdie toer het deel uitgemaak van besoeke deur besigheidslui, skole en ander instansies. Die Curro Klerksdorp Hoërskool graad 10 and 11 verbruikerstudiegroep het 'n toer na die Senwes Grainlink Wesselsbron Silo geneem. Nedbank se besoek aan die Senwes Grainlink Wesselsbron Silo! Hier Lodrick Barnard (Senior Silobestuurder by Senwes Grainlink silo in Wesselsbron), Wikus Grobler (Senwes: Groepbestuurder - Finansies en Tesourie), Corné Kruger (Senwes: Groep Hoof Finansiële Beampte), John Hudson (Nedbank: Nasionale Hoof - Landbou), Salim Kadoo (Nedbank: Provinsiale Algemene Bestuurder), Tabitha Strydom (Senwes: Groep Tesourie) en Herman De Kock (Nedbank: Uitvoerende Hoof - Verkope en Dienste). SENWES SCENARIO | HERFS 2019 59