Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 50

LANDBOUKUNDIG Senwes nou in die Oos-Kaap! Johan Jacobs, Senwes Streeksbestuurder: Agri het onlangs sy kantoor na die Oos-Kaap verskuif as gevolg van Senwes se uitbreiding na dié gebied. Senwes Scenario het met hom gesels om 'n duidelike beeld te kry van wat hierdie skuif vir die maatskappy beteken en ons potensiële nuwe verhoudings met kliënte in die gebied.  Deur Kefiloe Manthata Senwes Joernalis J ohan het verduidelik dat die doel van die skuif na die Oos-Kaap was om die Senwes handelsmerk in die provinsie uit te brei deur die geïntegreerde klanteoplossingsmodel en dat dit sy werk is om hierdie skuif te fasiliteer en om die kommunikasiekanaal tussen die maatskappy en sy bestaande klante, sowel as potensiële nuwe klante, oop te maak.. Ten opsigte van die uitdagings wat hulle moet hanteer as 'n nuwe tak, het Johan gesê dat die grootste uitdaging die feit is dat die tak so afgeleë is en 'n pionier 48 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 in die gebied is. “Ons werk in 'n baie komplekse besigheidsomgewing weens die groot gebied en geweldige afstande vanaf groot sentra soos Oos-Londen en Bloemfontein. Produsente het gevolglik baie unieke besigheidsoplossings gevind om besigheid in die waardeketting te doen. In die lig hiervan is dit 'n groot uitdaging om die unieke besigheidsmodel van elke klant te verstaan ten einde waarde te kan toevoeg", het hy gesê. Die groei en sukses van die Senwes Equipment-takke in Aliwal-Noord, Ugie en Oos-Londen het 'n goeie basis gevestig vir die uitbreiding van die besigheid na die Oos-Kaap. Die plan is dat Senwes 'n strategiese besigheidsplan vir die Oos-Kaap sal ontwerp om 'n gefokusde wyse van besigheid daar te stel en om geïntegreerde oplossings vir ons klante te waarborg, wat nie net waarde tot hul besighede sal toevoeg nie, maar wat ook sal bydra tot die volhoubaarheid van hul besighede. Klante wat in die Oos-Kaap en omliggende gebiede gebaseer is, kan nou vinniger reaksie van 'n toegewyde span verwag, wat daarna strewe om klanteoplossings met die Senwes waardes as basis, te bied. Die Senwes Oos-Kaap tak is in Ugie geleë en Johan Jacobs kan gekontak word by 083 290 8576 of 074 153 6775.