Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 44

NUUS Grainovation se nuwe besturende direkteur, Johan Peens (middel), met Japie Hattingh - Eksterne Kontrakbestuurder (links) en Johann Roux - Operasionele Bestuurder (regs). Militêre presisiegogga byt Grainovation Grainovation se nuwe Algemene Bestuurder, Johan Peens, is deur die logistiekgogga gebyt toe hy by die weermag aangesluit het en hy sewe jaar spandeer het om alles rakende die bestuur van verskafferskettings, logistiek en die pakhuisbedryf op groot skaal geleer het.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur “N a skool het ek my basiese opleiding in die weermag gedoen en daarna is ek uitgeplaas na die logistieke afdeling. Ek het geduren- de die tyd ook my BCom in Logistiek deur Unisa behaal.” Hy het in Desember 2018 by die Grainovation span aangesluit na 'n 5-jaar periode as algemene bestuurder van die Agri-afdeling by Barloworld Transport. “Voor dit was ek by Unitrans, vir ongeveer ses jaar, ook betrokke in logistiek en die vervoer van veevoer en pluimvee", sê Johan. 42 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Johan erken dat die skuif van Johannesburg na Klerksdorp as 'n groot stap beskou kan word. “Maar die uit- daging om 'n besigheid te bestuur wat sy eie entiteit is, was onweerstaanbaar. Grainovation word op 'n 50/50-basis deur Senwes en Imperial Logistics besit en logistiek is wat ons doen. Dit was hierdie uitdaging wat die skaal geswaai het met betrekking tot my besluit om die pos te aanvaar en, natuurlik, om aan die ander kant van die voorsieningsketting te wees." Grainovation se hoofkantoor is in Klerksdorp en die maatskappy het 'n vloot van 41 voertuie wat 30% van die 170 000 ton wat hulle maandeliks skuif, vervoer. Die res word deur hul makelaarsafdeling gedoen per pad- (sub-kontrakteurs) en spoorvervoer. “Ons korttermyndoelwit is die optimale allokering van ons vloot, terwyl die langtermynplan is om die besigheid en die Grainovation handelsmerk uit te brei met meer eksterne volumes,” sê Johan “Die logistieke mark is uiters pryssensitief, maar ek glo dat ons 'n voorsprong het met betrekking tot effektiwiteit en die feit dat ons kan aflewer wat ons belowe en betyds ons aflewerings kan doen. Ons voertuie is van 'n baie hoë standaard en word onberispelik onderhou. Die voer- tuigdienssentrums het ook 'n nasionale voetspoor, wat herstelwerk en onderhoud- omdraaitye baie effektief maak..” Vir meer inligting oor Grainovation se logistieke oplossings, skakel 018 464 7800 nou !