Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 41

AREAFOKUS Die Tradevantage/ Meadows-kontrak word ook in die area deur Senwes Grainlink se Neil Kemp gediens. Die Landdroskantoor is half weggesteek tussen die bome in die stad en is in 1997 gerestoureer. ontdekkings. En as plaaslikes se woord geneem kan word, is daar nie minder nie as 28 klein gemeentes in ‘n baie klein gebied in die stad. Ons het ‘n hele paar afgeneem, wat dan ook in die uit- gawe verskyn. Nog ‘n mooi gebou is die Landdroskantoor, wat in 1997 gerestou- reer is en die personeel neem jou gewillig op ‘n toer deur die gebou. En as jy in een van die oudste strukture kan tuis- gaan, naamlik Die Kliphuis Gastehuis in Caledonstraat, voel dit kompleet of jy die oudheid kan aanvoel met die huis wat al vir meer as ‘n eeu as kraamhuis, herberg vir jong dames asook tydens die Anglo- Boereoorlog gebruik is. Ons bly by geloof. Die area se leuse is Deo Favente - ‘n Latynse gesegde wat God se seën beteken. Het jy geweet dat dit die oorspronklike voorgestelde woor- de vir die was Groot Amerikaanse Seël voordat daar op “In God We Trust, Ons vertoue is in God", besluit is. Plaaslikes ken die bekende Krugerbrug wat uit 1901 dateer. Nog 'n interessantheid is die Grootdraaidam buite Standerton. Die dam bestaan al 37 jaar nadat dit in 1982 voltooi is en vertoon kolossaal met ‘n damwal wat 2 180 m lank uitstrek en 42 m hoog pronk en ‘n massiewe 364 miljoen m 3 water kan hou. Dit beslaan 'n opper- vlakte van nagenoeg 5 500 ha as dit vol is. Ons gaan af met die Vaalrivier na die stad se kant toe en daar is die ou Kruger staalbrug wat uit 1891 dateer, half weggesteek onder die nuwe brug. In die konsentrasiekamp begraafplaas kan die grafte gevind word van 857 mense wat omgekom het vanaf 1900 tot 1903. MEER OOR DIE GEBIED Neil vertel dat baie boere in die gebied rondom 40 jaar oud is en baie noem dat hulle meestal op geelmielies en sojabone fokus, met ander wat ook suikerbone verbou. Snaaks genoeg is sonneblom in dié area nie volop nie, met net so 1% wat ‘n bietjie van die gewas aanplant omrede die duiwe in die gebied daarop toesak. So is die laaste sonneblomme wat jy sien in die Balfour en Greylingstad omgewing. Witmielies is ook nie gewild nie, met slegs sowat 5% wat dit aanplant. Buiten die besoek van produsente, die diens van die Tradevantage/Meadows- kontrak van Tradevantage, besoek Neil baie klante tot so ver as Volksrust en omgewing. Vir die wat nie weet nie, dit is amper op die grens waar die KwaZulu- Natal, Mpumalanga en die Vrystaatse grense ontmoet. Interessant is dat van die produsente hier in die laaste 13 jaar sowat twee swakker jare of naby misoeste gehad het vanweë te veel reën en die plante gevrot het. Iets wat ons in die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap nie ken nie. Buiten landbou en geboue is sport nog 40 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 39