Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 34

PRODUSENTFOKUS Marscha en haar man Edzard Biermann. Edzard Biermann Nie jou gewone B(ie)rman Jy mag dalk dink dat Senwes produsent Edzard Biermann net ’n gewone buurman is, maar jy sal verkeerd wees. Jy kan dalk dink dat hy gars produseer en dus dalk ietwat van ’n buurman kan wees, maar altemit.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur VAN ELEKTRISITEIT TOT GEVESTIGDE BOER IN 13 JAAR aar Edzard Biermann is met sy Duitse bloed en ’n ietwat Skandinawiese naam, ’n Suid-Afrikaanse boer in murg en been. Edzard se naam beteken die een wat sterk afgerond is of ’n sterk raam- werk het. En dit is verseker so. Hierdie boer het in 2006 elektriese inge- nieurswese na 13 jaar vaarwel toegeroep en vuur en vlam begin boer. Maar hy het absoluut niks gehad nie en moes grond in die hande kry: “Laat ek jou vertel, grond is nie jou maat as jy niks geërf het nie,” vertel die boer. Hy noem dat die meeste ander boere gewoonlik derde- of vier- M 32 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 degenerasieboere is, selfs meer. In sy eerste seisoen het hy slegs op 10 hektaar geplant en het nogal gegroei in die laaste 13 jaar tot nou. Hy onthou daardie dae al te goed, “Ek het basies net ’n Volkswagen Jetta gehad en daarmee geboer.” VLAKSPRUIT HET HOM GEBOU Soos jy links indraai by die plaas Vlakspruit van Edzard en sy vrou Marscha, sien jy dadelik dat hy onder