Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 31

LANDBOUKUNDIG Die mikotoksienrisiko in ruvoer en kuilvoer HERKOUERS IS UNIEKE DIERE. MET DIE KOMPLEKSE GROOTPENSSTELSEL KAN HIERDIE DIERE ENERGIE EN PROTEÏEN VERKRY UIT RUVOER WAT ANDER DIERE NIE EERS BEHOORLIK KAN VERTEER NIE. RUVOER HET DIE VOORDEEL DAT DIT ’N GOEDKOOP VOERBRON IS VERGELEKE MET ANDER TIPES VOER, MAAR ONS MOET BEWUS WEES VAN DIE MIKOTOKSIENE WAT HULLE KAN BEVAT.  Deur Dr. Timothy Jenkins Ontwikkelingswetenskaplike, BIOMIN Nie net in graan nie M ikotoksiene is toksiese sekondêre metaboliete wat deur swamme geproduseer word en hulle kan ’n groot impak op die veebedryf hê ten opsigte van veeartsenykoste en swakker diereprestasie. Mense verbind mikotoksiene gewoonlik net met graan. Dit is wel so, maar volledige rantsoene bevat graan, ruvoer en dikwels ook mielie- kuilvoer. Mikotoksiene wat in die graan is, bly gewoonlik ook in die kuilvoer. Mikotoksiene kan egter op ander dele van die plant geproduseer word en nie net op die graangedeelte nie. Dit sluit sommige van die Fusarium-swammikotoksiene in wat algemeen in graan voorkom, byvoorbeeld deoksinivalenol (DON, ’n probleem vir dermgesondheid en vatbaarheid vir siektes), searalenoon (ZEN, ’n probleem vir vrugbaarheid) en fumonisiene (FUM, ’n probleem vir dermgesondheid). Daar kan ook minder bekende Fusarium-mikotoksiene soos kulmorienverbindings en moniliformien wees. Daar is bewyse dat sommige van hierdie ander verbindings die effek van DON by diere vererger. Ruvoer kan ook mikotoksiene bevat van ander swamme wat in of op plante groei. Tenuasoonsuur (TeA), wat deur swamme soos Alternaria en Phoma geproduseer word, is dikwels teenwoordig. ’n Algemene Phoma-siekte (stamkanker/ Swartstam) op voersorghum beteken 30 Figuur 1. Aspergillus fumigatus is een van die algemeenste mikotoksien- produserende kuilvoerswamme. Dit kan gewoonlik gliotoksien produseer en die longe of spysverteringstelsel van diere met ’n swak immuunstelsel aantas. Dit lei tot bloeding in die dermkanaal. SENWES SCENARIO | HERFS 2019 29