Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 30

LANDBOUKUNDIG 27 | Hittespanning en vleisbeesproduksie vetmetabolisme verseker dat voedings- towwe vanaf voer na weefsel en na die spierweefsel verdeel word. Veranderende anaboliese (opbouende) en kataboliese (afbrekende) seine bemiddel deurentyd hierdie verdeling van voedingstow- we. Een tipiese reak­sie is ’n afname in insuliensirkulasie wat met ‘n afname in sensitiwiteit vir insulien van vetweefsel gepaard gaan. Dit maak voorsiening vir die vrylating van vetsure uit die vetweefsel wat vir energie gebruik kan word en dus glukose in die liggaam spaar. Met ’n lae voerinname word koolhidraatmetabolisme na absorbsie ook deur ’n verlaging in insulienwerking verander, wat tot ‘n ver- laagde glukoseopname deur die vetweef- sel aanleiding gee. Hierdie meganisme, waar vetsure stadig deur die vetweefsel vir energievoorsiening afgegee word, is ‘n sleutelmeganisme van diere waar proteïensintese ‘n prioriteit is. NA-ABSORBSIEVERANDERING TYDENS HITTESPANNING ’n Verlaagde voerinname kan skynbaar die meeste van die swak produk- sieprestasie van groeiende diere verklaar wat onder HS verkeer, maar die invloed van hitte het merkbaar ’n invloed op die opeenvolging van weefselsintese in die liggaam. Die dier onder HS begin ‘n verskei- denheid van na-absorbsie metaboliese veranderings, wat onafhanklik van die voeriname en energiebalans van die dier is. Hierdie veranderings in die verdeling van voedingstowwe is oënskynlik mega- nismes van aanpassing om die onder- houd en korrekte liggaamstemperatuur te handhaaf. Die HS reaksie verander dus na absorbsie van koolhidraat-, vetweefsel- en proteïenmetabolisme, onafhanklik van lae voerinname. energie-effektiwiteit kan dus ’n bete- kenisvolle impak op die voeromsetting en vloei van voedingstowwe hê. Die toename in skeletweefsel se proteïenkatabolisme (afbraak) wat met HS gepaard gaan is eienaardig, gegewe die rol wat insulien in die stimulasie van proteïensintese (opbou) en inhibering van proteolise speel. Die afbraak van skeletspiere is moontlik die liggaam se strategie om voedingstowwe vir die vorming van glukose (deur gluko- neogenese) te kry. Die interessantste meganisme van HS diere is die oënskynlike gebrek aan vetmetabolisme deur vetweefsel met gepaardgaande afname in die vetweefsel om vetsure vir addisionele energie af te skei. Ondersoeke van verskeie spesies het aangetoon dat koolhidraat(suiker)-me- tabolisme met HS verander met byvoor- beeld basale en gestimuleerde insulien- vlakke. Lewer- en bloedmetabolisme toon duidelike verskille in glukoseproduksie en -gebruik gedurende HS. GEVOLGTREKKING HS affekteer ook na-absorbsie proteïen- metabolisme wat deur verande- ring in die hoeveelheid karkasspierpro- duksie van herkouers getoon word. Die produksie van spierweefsel word verlaag deur spanning wat deur die omgewing se hitte veroorsaak word. Spierweefsel maak energiegewys ‘n groot bydrae tot die dier se massa en is ‘n duur weefsel om te onderhou. ’n Klein verandering in die Die primêre verskil tussen ’n dier wat onder geen hittespanning verkeer nie en ’n diere met HS waar beide op dieselfde energiestatus is, is die onvermoë van die HS dier om glukosebesparende mega- nismes te inisieer sodat vleisproduksie prioriteit kan geniet. Vanuit ’n diereproduk- siestandpunt, verlaag hierdie metaboliese oorlewingsmeganisme die produktiwiteit en die ekonomie van diereproduksie. Deur die biologie en meganisme te definieer van hoe HS die dier se gesond- heid en produksievermoë benadeel, is krities vir die ontwikkeling van ’n bena- dering om huidige produksieprobleme te verlaag. Dit is ook ’n voorvereiste om in die toekoms ’n strategie te ontwikkel wat diere se welstand, produksie en die eko­ nomie van landbou in die algemeen sal kan verbeter. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] 28 SENWES SCENARIO | HERFS 2019