Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 27

LANDBOUKUNDIG wag nog te gereeld tot dit te laat is en wil dan krisisbestuur toepas. Doen deeglike drakragbepaling en bemark die nie-pro- duseerders tydig. Die goue reël is om eerder beter vir minder diere te sorg as om die totale kudde op risiko te plaas. Bou altyd ’n buffer in vir jare waartydens die winter hardnekkig kan wees en die reën wegbly. Bo en behalwe die 10% wind- en verweringsverliese, kan vermor­ sing en mis-/urinebesoedeling tot soveel as 15% wees – maak dus voorsiening. Probeer sover moontlik die kritiese reproduksietye soos dek- en kalftyd sinkroniseer met tye waar die voervoor­ siening optimaal is. Waak teen impulsiewe besluite soos afkyk by die buurman. Elke plaas is uniek wat sy hulpbronne betref, hetsy biologies, natuurlik, menslik en/of finansieel. Vra jouself ook die kritiese vraag: “Gaan dit my onderneming se wins op ’n volhoubare wyse verhoog?” Moenie kudde­bestuursaspekte soos aanvullings, doelmatige seleksie en kuddegesondheid agterweë laat nie. Let veral op goeie veld- en weidingbestu- ur – dit is en bly die basis van eko- nomiese oorwintering. Veels geluk aan Senwes met jul 110de verjaardag. Van almal onder die geel sambreel. Santam. Regte, egte versekering. S antam iS ’ n gemagtigde finanSiële dienSverSkaffer ( liSenSienommer 3416) SENWES SCENARIO | HERFS 2019 25