Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 19

NEWS 'n Paar Senwes hoogtepunte sedert 2015 2015-2016 'n Verhoogde aptyt vir hoë-waarskynlik- heidverhandeling word geïmplementeer. Verhoogde klantefokus met Basislink, 'n aanlyn-verhandelingsplatform van Senwes Grainlink, skep addisionele funksionaliteit vir produsente om hulle in staat te stel om hul graan te koop te bied aan Senwes se graanverkrygers. Die Graintech projek is in sy derde jaar, wat Senwes in staat stel om graan met 'n hoër as normale voginhoud in te neem, sonder enige addisionele drogingskoste of verhoogde bedryfsrisiko's. 2016-2017 Die Graintech projek vir die vroeër inname van graan is in 2017 geloods en 40% van die oes word ingeneem in terme van die nuwe reëlings. Die eerste sonkragstelsel word by Hennenman silo geïnstalleer met 'n verwagte besparing van 450 000 kWu per jaar. Die Senwes lojaliteitskema, AgriRewards, word suksesvol uitgerol met Senwes Grainlink klante wat voordeel daaruit trek. 2018 Senwes Grainlink neem die tweede grootste someroes in die geskiedenis in. Die opbrengs per hektaar vir mielies was gemiddeld 6,39 t/ha. Die opbrengs was 3 396 258 ton vergeleke met 3 625 045 ton in 1981/1982. Tradevantage hernu die Meadows kontrak. Die opgradering van die Makokskraal silo word gedoen om dienslewering te verbeter. 2019 Senwes het tans 68 silo's met 'n totale kapasiteit van ongeveer 4,8 miljoen ton. 'n Aanduiding word hieronder gegee van die jaar waartydens elke silo opgerig is (sommige silo's is gedurende die silobouprogram opgerig, wat hieronder bespreek word): Die silobouprogram 1940’s en 1950’s Het jy geweet dat, weens die hoë koste met betrekking tot die hantering van graan in sakke, sowel as die tekort aan graansakke gedurende die laat 1940's en vroeë 1950's, het produsente, graanverhandelaars, meulens en die onderskeie graanrade die regering versoek om die oprigting van silo's aan te moedig en/of bestaande bergingsfasiliteite vir die losmaathantering van sodanige produkte, te verander. Die gevolg was 'n langtermynleningskema vir die oprigting van graansilo's en losmaatbergingsfasiliteite wat deur die Minister van Landbou op 12 Februarie 1952 in die parlement aangekondig is. Die skema het behels dat langtermynlenings beskikbaar gestel sou word aan koöperasies, handelaars en meulens deur die Land- en Landboubank vir gemelde doeleindes. 'n Koördineringskomitee, die Graansilokomitee, is op die been gebring om toesig te hou oor die uitvoering van die skema. Rol van die Graansilokomitee Het jy geweet? Die Graansilokomitee het bestaan uit vier verteenwoordigers van die Departement van Landbou-ekonomie en Bemarking, en een elk van die Mielieraad, Koringraad, Oliesaderaad en Sorghumraad. 'n Ingenieur van die Landbou- ingenieursdepartement het bystand verleen met tegniese sake. Het jy geweet? Enigiemand kon aansoek doen vir 'n permit. Permitte is uitgereik aan verskeie privaat meulens en entrepreneurs soos die Bruwers by Wesselsbron, sowel as die Senekals en die Allem Broers by Viljoenskroon. Rol van koöperasies Min mense weet dat die eerste silo in die wêreld met 'n groter omtrek en laer hoogte deur 'n koöperasie in Suid-Afrika opgerig is. Dié ontwerp het gou internasionaal die standaard vir graansilo's geword omdat dit die koste van kostruksie verlaag het, bergingskapasiteit verhoog het en die impakskade van graan verminder het. Schuttesdraai - silo Kroonstad - silo Bultfontein - silo Welkom - silo Silo-eienaarskap Silo's behoort aan die eienaar wat die inisiatief en/or risiko geneem het om dit op te rig - selfs met geleende fondse. Hoekom? Omdat die silo's opgerig is op eiendom wat aan die koöperasies behoort het en koöperasies die inisiatief en risiko geneem het om die silo's op te rig. *Insette soos geïllustreer in Maize in South Africa deur AR Saunders, Time cultivates winners, Senwes – A century of agriculture, sowel as Dr C L Wentzel, Noordwes Koöperasie, Lichtenburg en Mielieraad 1935-1985. Odendaalsrus - silo SENWES SCENARIO | HERFS 2019 17